Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Lyk gevind van man wat van boot spring

’n Man van Krugersdorp het verdrink nadat hy op Kersdag in die Hartbeespoortdam van ’n boot afgespring het.

Lt.kol. Amanda Funani, provinsiale polisiewoordvoerder, sê die 26-jarige man het vir sy pa kom kuier wat in die omgewing woon.

Die man is Woensdag uit op ’n boot en het vermis geraak nadat hy afgespring het.

Luidens ’n verklaring deur die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) is polisieduikers ontbied, maar hulle kon aanvanklik net die reddingsbaadjie kry wat die man gedra het.

Die duikers het Donderdag die man se lyk gevind.

’n Man wat homself as ’n familielid van die oorledene geïdentifiseer het, het Donderdag gesê hy sien nie nou kans om met die media te praat nie.

Meer oor:  Hartbeespoortdam  |  Krugersdorp  |  Vermis  |  Verdrink  |  Kersdag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.