Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Lyk van pasgebore baba op vullishoop ontdek

Die polisie in Ashton in die Wes-Kaap stel ondersoek in nadat die lyk van ’n pasgebore baba op ’n vullishoop gevind is.

Kapt. Lindikhaya Mkhontwana, polisiewoordvoerder, sê die polisie is uitgeroep na die Zolani-vullishoop nadat gemeenskapslede die pasgebore baba se lyk vroeër die week gevind het.

“Die babalyk is in ’n handdoek toegedraai en die baba se naelstring is nie geknip nie.”

Mkhontwana sê die polisie weet steeds nie wie die baba se ma is of hoe die lyk op die vullishoop beland het nie.

Die baba is op die toneel dood verklaar, waarna die lyk na ’n lykshuis in Worcester geneem is.

Die polisie het ’n beroep op enigiemand met inligting gedoen om na vore te kom.

Mkhontwana sê enigiemand met inligting kan die Ashton-polisie by 023 615 8120/37 kontak.

Meer oor:  Ashton
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.