Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Lyk Vrydag in SA ná skietvoorval in Hawaii

Die lyk van Lindani Myeni (29), wat deur die polisie in Hawaii doodgeskiet is, sal Vrydag in Suid-Afrika aankom.

Die polisie het Myeni, oorspronklik van KwaZulu-Natal, op 14 April doodgeskiet nadat hulle na ’n huisroof ontbied is. Myeni het na bewering die polisiemanne aangerand en hulle het hom met ’n skokstok geskok voordat hulle hom geskiet het.

Lindani Myeni en sy vrou, Lindsay. Foto: Argief

Sihle Zikalala, premier van KwaZulu-Natal, het Sondag gesê ’n afvaardiging onder leiding van dr. Nonhlanhla Mkhize, direkteur-generaal van die provinsiale regering, is vroeër die week na Myeni se huis in Empangeni gestuur.

“As ’n provinsie is ons hartseer dat een van ons eie burgers die prooi was van die deurlopende vlaag aanvalle deur wetstoepassers wat blykbaar swart mense in die VSA teiken.

“Hierdie aanstootlike gedrag moet veroordeel word. Die saak moet deeglik ondersoek word en geen steen moet onaangeroer gelaat word nie. Geregtigheid moet in hierdie saak geskied.”

Myeni en sy Amerikaanse vrou, Lindsay, het in Januarie vanjaar na Hawaii verhuis. Die egpaar het twee kinders.

Volgens Zikalala is die regering in kontak met Myeni se familie, die departement van internasionale betrekkinge en samewerking en die konsul-generaal in die VSA oor die saak.

Die konsul-generaal in Miami het Vrydag aangedui Myeni se lyk is vrygestel en is by ’n begrafnisonderneming. Die lyk verlaat die VSA Dinsdag en sal Vrydag op die O.R. Tambo-lughawe in Johannesburg opdaag.

Begrafnisbesonderhede sal mettertyd deur die familie bekend gemaak word.

Meer oor:  Lindani Myeni  |  Hawaii  |  Doodgeskiet  |  Skietvoorval  |  Repatriasie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.