Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Lykshuis glo haglik ná krag ‘per ongeluk afgeskakel is’

Ure nadat ’n inwoner van Upington die lykshuis op dié Noord-Kaapse dorp besoek het, het die stank steeds aan haar klere vasgekleef.

“Ek kon dit nie uithou nie. Ek het uitgehardloop, gebraak. Die stank was onophoudelik”, sê Hadjee Monien Sulliman (70), ’n inwoner van Upington, wat Donderdag die lykshuis by die Dr. Harry Surtie-hospitaal besoek het.

Sulliman, wat buitelanders onder haar vlerk neem, moes Donderdag na die lykshuis gaan nadat ’n Bangladesjiese winkeleienaar, wat soos ’n kind vir haar was, dood is.

Sy moes reëlings tref om sy oorskot na Johannesburg te laat vervoer.

Met haar besoek was daar reeds 12 lyke wat op ’n nadoodse ondersoek gewag het.

Volgens haar het werknemers hier geweier om nadoodse ondersoeke te doen omdat die lugreëling buite werking is en daar geen handskoene of oorpakke is om hul werk te doen nie.

Ek kon dit nie uithou nie. Ek het uitgehardloop, gebraak. Die stank was onophoudelik.

Sulliman sê ná verskeie oproepe na hoë amptenare is ’n nadoodse ondersoek onder haglike toestande en met ’n onophoudelik stank in die lug wel op die winkeleienaar gedoen, maar sy is nie seker of nadoodse ondersoeke op die ander gedoen is nie.

“Ek is nie seker of die naasbestaandes van die ander oorledenes al hul geliefdes kon begrawe nie.”

Lebogang Majaha, woordvoerder van Noord-Kaapse gesondheidsdepartement, bevestig dat daar probleme met die koelkamer was nadat die krag per ongeluk afgeskakel is.

Hulle het met die werkers by die lykshuis vergader en het van hul besware opgelos.

“Die werkers het reeds hul dienste hervat en nadoodse ondersoeke voltooi.”

Meer oor:  Upington
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.