Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Ma, 2 kinders van George verdwyn spoorloos

Die polisie is op soek na ’n vermiste ma en haar twee kinders van George.

Heidi Scheepers (35) en haar twee kinders, Cuzette (6) en Hugo (2), is Dinsdagmiddag laat die laaste keer in Heroldsbaai op die strand gesien.

Hulle is daar weg in ’n Volkswagen Caravelle-bussie met die registrasienommer CAW 66036.

Scheepers se man, Etienne, sê by navraag sy vrou en kinders is nog nie gevind nie. Volgens hom het sy vrou glad nie huis toe gekom nie. Hul dogtertjie is gestremd. “Ons is baie bekommerd,” sê hy.

Scheepers se verdwyning is ook op die Facebook-blad Georgiete Staan Saam aangemeld.

Volgens inligting op die blad het ’n soektog nog niks opgelewer nie. Mense word gevra om op die uitkyk vir die voertuig te wees. Volgens Scheepers se Facebook-blad bestuur sy verblyfplekke in Heroldsbaai.

Mense met inligting kan die polisie by 044 803 4400 bel.

Cuzette Scheepers
Hugo Scheepers
Heidi Scheepers

Meer oor:  Hugo Scheepers  |  Heidi Scheepers  |  Cuzette Scheepers  |  George  |  Vermis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.