Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Ma (33) gegroet wat sterf ná tweeling se geboorte
Die begrafnisbrief.

“Ek belowe om altyd vir ons twee seuntjies te vertel wat ’n juweel van ’n vrou jy was en om hulle groot te maak om ook in die skaduwee van ons Almagtige God te wandel soos wat hul mamma gedoen het.”

Dít is die hartroerende afskeidsbrief van Johandré Schreuder aan sy sielsgenoot, Esmarié, wat Saterdag uit die Volle Evangelie Kerk in Douglas begrawe is.

Die 33-jarige Esmarié, ’n krediteureklerk by GWK in Douglas, is Sondagoggend in die Life Rosepark-hospitaal in Bloemfontein aan ’n enorme beroerte dood enkele dae nadat sy prematuur geboorte aan Janru en Hendré geskenk het.

Die tweeling is verlede Dinsdag gebore nadat Schreuder sedert 8 Junie weens komplikasies met haar swangerskap in die hospitaal behandel is. Die tweeling is steeds in die neonatale eenheid van die hospitaal.

In sy afskeidsbrief bedank Schreuder sy “liefste Kiepie” vir die vrou wat sy vir hom was.

“Ek gaan jou so verskriklik baie mis. Jou lag, jou reuk, jou maniertjies, jou nuuskierigheid om altyd ’n nuwe resep te probeer en dan moet ek die floppe eet totdat jy dit regkry.

marius
Pastoor Marius Nortje

“Ek en jy het so baie kilometers dwarsoor die land saam rondgerits, altyd op soek na iets nuuts om te sien. Jy was my travel-en-kamp-buddy. Ek sou so graag nog vir lank saam met jou die pad wou stap, maar ek weet, my lief, jy is nou op ’n beter plek saam met Jesus in sy paradys, wat jy vir geen paradys op aarde sal verruil nie.

“Lief jou bitter baie vir altyd.”

Past. Marius Nortjé het gesê omdat Esmarié in God geglo het, het sy die ewige lewe.

“Ten spyte van ons vertwyfelinge, Esmarié is vir ewig in die teenwoordigheid van God. God was ’n werklikheid in haar lewe. Sy het die Gees van God in haar gedra. Sy was ’n tempel van die Heilige Gees en daarom lewe sy aan die ander kant van die graf.”

Hy het aan haar geliefdes gesê dat hulle weer eendag met haar herenig gaan word.

“Esmarié, ek salueer jou vir die verskil wat jy in elkeen van ons lewe gemaak het.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.