Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Ma, dogters het noue ontkoming toe tornado plaashuis tref

Die een oomblik het sy nog na ’n haelstorm uit ’n kamervenster gekyk en die volgende oomblik moes sy aanskou hoe ’n tornado die plaashuis waarin sy saam met haar kinders woon, se dak wegwaai.

So herroep Betsie Geldenhuys (37) die gebeure van Woensdagmiddag waarin ’n tornado deur hul plaashuis in die Waterbron-distrik sowat 20 km buite Bloemfontein gewoed het.

Opgefrommelde sinkplate lê in ’n sonneblomplantasie wat deur ’n tornado buite Bloemfontein platgevee is. Foto: Mlungisi Louw

Sinkplate het Vrydagoggend steeds meters verder in ’n sonneblomplantasie gelê wat ook deur die tornado platgevee is, terwyl bome oral omgeval op die erf lê.

In die huis is ’n spoor van verwoesting agtergelaat nadat die tornado enkele huise Woensdag omstreeks 17:00 in dié distrik in puin gelê het.

Geldenhuys sê sy is dankbaar niemand is beseer nie.

“Ek het nie geweet wat gebeur nie. Al waaraan ek kon dink, is om by die kinders uit te kom en seker te maak hulle is oukei.”

Sy het haar net ná die tornado na haar kinders se kamer gehaas en hardop gebid dat Alecia (15) en Jo-Anne (13) oukei sal wees.

Die dak van die plaashuis waarin Betsie Geldenhuys en haar kinders woon, is in ’n tornado weggewaai. Talle vensters is ook gebreek. Foto: Mlungisi Louw

Geldenhuys sê weens die stormsterkwind kon sy nie eens na haar kinders uitroep om hulle gerus te stel nie.

“Ons kon absoluut niks hoor nie, nie eens as jy skreeu nie. Dit was net geraas en ’n gesuis.”

Betsie Geldenhuys en haar dogter Jo-Anne voor die plaashuis. Foto: Mlungisi Louw

Jo-Anne, ’n gr. 8-leerling van die Hoërskool Jim Fouché in Bloemfontein, sê sy was angsbevange en het nie geweet wat rondom haar aangaan nie.

“Ek was baie bang. Ek wou net by my ma uitkom.”

Alecia, in gr. 10 in dieselfde skool, sê sy sou nooit kon raai dat ’n tornado hul huis sou tref nie.

“Dit is baie vreemd. Hoekom sal ’n tornado ons huis in Bloemfontein tref?”

Geldenhuys sê ook haar verloofde, Jannie du Plessis, wat in Amerika boer, wou nie glo dit was ’n tornado nie.

Die foto’s van die nadraai van die tornado het hom egter anders laat glo, sê Geldenhuys.

Meer oor:  Bloemfontein  |  Plaashuis  |  Omgewing  |  Tornado  |  Skade
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.