Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Ma doodgery, kind beseer toe wiel omgeruil word

’n Vrou is Woensdagmiddag doodgery en ’n kind ernstig beseer toe ’n gesin teëspoed met hul motor op die N2 naby Umdloti, noord van Durban, gekry het.

Prem Balram van die veiligheidsmaatskappy Reaction Unit South Africa sê hulle het tydens die etensuur verskeie oproepe ontvang van motoriste wat gesien het hoe ’n ma en kind raakgery word.

Volgens die pa van die kind moes hy op die snelweg stilhou nadat die gesin se Jeep Cherokee ’n pap band gekry het.

Die Land Rover wat in die botsing betrokke was.
Die eienaar van dié voertuig was besig om ’n band om te ruil toe sy vrou en kind raakgery is.

Die man sê hy was besig om die wiel om te ruil toe die bestuurder van ’n Land Rover eers die Jeep en toe sy vrou en kind, wat buite gestaan het, getref het.

Die vrou is weens die impak van die botsing 40 meter ver geslinger en is op die toneel dood verklaar. Die kind het ernstige beserings opgedoen en is na ’n nabygeleë hospitaal geneem.

Die oorledene se naam is nog nie bekend gemaak nie.

Meer oor:  Durban  |  Doodgery  |  Ongeluk  |  Wiel Omruil
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.