Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Ma en seun nog nie terug ná aanval op hul plaas

Twee slagoffers van ’n plaasaanval buite Petrusburg in die Vrystaat bly nog in Bloemfontein aan en dit is nie seker wanneer hulle na hul plaas sal terugkeer nie.

’n Groep aanvallers het Wimpie du Toit (54) op die aand van 26 Junie uit die huis op die plaas Lovedale gelok deur die huis se krag af te sit. Hy is daarna oorval.

Dié familiefoto van Janetta du Toit (middel) saam met haar vier kinders is geneem nadat sy en Wimpie (heel regs) aangeval is. Van links by hulle is Lou, Frans en Jeanine van Staden. Foto: verskaf

Hulle het hom en sy ma, Janetta (82), daarna erg aangerand en ’n rewolwer gesteel voordat hulle te voet gevlug het.

Frans du Toit sê sy ma en broer kon nog nie na die huis terugkeer nie omdat hulle die huis eers behoorlik wil beveilig.

“My ma wil niks weet van ’n aftreeoord nie en wil terugkom plaas toe,” sê hy.

Du Toit sê Wimpie en hul ander broer, Lou, ry elke dag uit Bloemfontein om hul dagtake by die Lovedale Boerdery Trust, die familieboerdery, te verrig.

Janetta bly nog by hul suster, Jeanine du Preez.

Albei het direk ná die aanval traumaberading gekry, maar Du Toit meen hulle sal dalk later nog berading moet kry.

Janetta kon die aand kort ná die aanval ’n noodknoppie druk en hoewel boere van die omgewing baie vinnig gereageer het, is niemand nog in hegtenis geneem nie.

Du Toit sê heelparty leidrade is opgevolg.

Die naweek voor dié aanval was daar ook ’n poging om Du Toit op sy plaas, sowat 4 km verder, aan te val.

Meer oor:  Wimpie Du Toit  |  Petrusburg  |  Seun  |  Aanval  |  Plaas  |  Ma
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.