Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Ma ‘is wakker en kan praat’ ná Centurion-aanval
Magda van Heerden Foto: Facebook

Die vrou van Centurion wat na bewering Donderdagaand deur haar eie seun aangeval is, is wakker en kan weer praat.

Magda van Heerden (49) is van hul huis in Pierre van Ryneveldpark in ’n kritieke toestand met ’n noodhelikopter na die Milpark-hospitaal in Johannesburg geneem.

Sy en haar man, Barnie van Heerden (54), se seun Ruan (18) is Vrydag in hegtenis geneem nadat hy na bewering sy ouers met ’n gholfstok en ’n mes aangeval het.

Stiaan Bekker, Barnie se vennoot by die Veritas Eksekuteurskamers in Ceturion, het Sondag aan Netwerk24 bevestig die egpaar sterk goed aan.

“Magda is nog in die waakeenheid, maar is wakker en kan met haar familie praat. Barnie is uit die hospitaal ontslaan en sterk goed aan,” sê Bekker.

Hy sê die egpaar het “baie seer en (is) baie geskok” oor die voorval.

Carinda Habig, Ruan se laerskoolhoof aan die Rietvlei Akademie in Pretoria-Oos, het intussen mediabewerings ontken dat die skool op kinders met leerprobleme fokus.

“Ons is ’n privaat, Afrikaanse skool met ’n gewone sillabus. Ons klasse is net kleiner en ons fokus op individuele aandag,” sê Habig.

Ruan van Heerden (18) verskyn Maandag in die landdroshof in Pretoria nadat hy na bewering sy ouers met ’n mes en ’n gholfstok aangeval het. Foto: Facebook/Ruan van Heerden

Volgens haar het Ruan sy gr. 2 tot 7 jare by die skool se Rietvalleirand-kampus voltooi.

“Ek het nie meer kontak met Ruan of sy familie nie. Dit is wel ’n ongelooflike tragedie. Dit sal vir my goed wees om te weet dat mense bid vir Magda se herstel en bid vir die hele gesin. Daar is geen wenners in so ’n situasie nie,” sê Habig.

Ruan en nog ’n verdagte, ’n jong vrou, het na bewering met Van Heerden se motor van die toneel gevlug. Ruan is Vrydag sowat 600 km van sy ouerhuis in Aliwal-Noord in die Oos-Kaap deur die polisie voorgekeer, sê brig. Mathapelo Peters, Gautengse polisiewoordvoerder. Hy was glo in ’n Uber-huurmotor.

Van Heerden se voertuig is ’n paar uur ná die voorval verlate in Tembisa aan die Oos-Rand opgespoor.

Ruan sal volgens Peters Maandag in die landdroshof in Pretoria verskyn.

Peters sê die ondersoek na ’n tweede verdagte duur steeds voort en dat niemand nog in hegtenis geneem is nie.

Meer oor:  Aanval  |  Centurion-Aanval  |  Misdaad  |  Centurion
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.