Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Treurspel 2
Ma ry haar seuntjie per ongeluk dood

’n Gesin van Graaff-Reinet is “verskeur en in rou” nadat die ma haar tweejarige seuntjie in ’n fratsongeluk doodgery het. Die tragedie het Donderdag omstreeks 17:30 in Meintjiesweg in die Spandauville-buurt gebeur.

Fred en Marché met NJ (3) en Malan (2). Foto: Facebook

Klein Malan het blykbaar agter sy ma, Marché Holtzhausen, se motor ingeloop. Sy besit ’n skoonheidsalon op die dorp.

Kapt. Bradley Rawlinson van die polisie het Saterdag aan Rapport gesê hulle ondersoek ’n klag van strafbare manslag.

“Daar word beweer dat ’n twee jaar oue kind dood is nadat sy ma haar motor in trurat bestuur het, terwyl sy onbewus daarvan was dat die kind aan die agterkant van die motor was. Die kind is ernstig beseer.”

Malan is na die Midlands-hospitaal op die dorp gehaas, maar is by sy aankoms daar dood verklaar.

Die egpaar is vier jaar getroud en het ook ’n driejarige seun, NJ.

Holtzhausen se ma en Malan se ouma, Nicolene Swanepoel, het op 2 Januarie ’n foto van haar, met Malan en NJ, op sosiale media geplaas met dié boodskap uit Jeremia 29:11: “Ek weet wat Ek vir julle beplan, sê die Here: voorspoed en nie teenspoed nie; Ek wil vir julle ’n toekoms gee, ’n verwagting!”

Reynard Gerber, ’n vriend van die egpaar, het Saterdag aan Rapport gesê: “Fred en Marché is baie sterk. Die hele gemeenskap van Graaff-Reinet ondersteun hulle. Dis maar ’n baie gevoelige ding dié.”

’n Jare lange vriendin van die egpaar, wat verkies dat haar naam nie genoem moet word nie, sê die familie en vriendekring “is verskeur in rou".

"Hulle is net so ’n perfekte gesin. Sy, Marché, is ’n absoluut adoring ma. Dit is die ergste ding wat ’n ouer kan deurgaan – om verantwoordelik te voel vir sy of haar kind se dood. Sy is verpletterd oor Malan se dood. Hulle sal nooit ’n dag sonder pyn en hartseer ken nie.”

Fred het Saterdag aan Rapport gesê hy en sy familie wil in hierdie seer tyd net rou en sal dus geen kommentaar lewer nie.

Meer oor:  Graaff-Reinet  |  Fratsongeluk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.