Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Ma se beker loop oor ná Koketso veilig terug is

Sy het 24 dae aaneen gehuil toe haar baba ontvoer is, maar nou loop haar beker oor van blydskap.

So sê Pretty Mphenemene nadat sy Dinsdag met haar baba, Koketso, herenig is.

Koketso Mphenemene, wat 14 dae oud was toe sy ontvoer is, is in ’n huis in Etwatwa, Benoni, gevind.

Pretty Mphenemene hou haar babadogtertjie, Koketso, vas wat veilig met haar herenig is. Langs haar sit Gift, Koketso se broer.Foto: Verskaf

Sy is op 22 Februarie in die Lakeside-winkelsentrum in Benoni ontvoer. Pretty het die vermeende ontvoerder die dag by die winkelsentrum ontmoet nadat sy ’n werk beloof is. Die ontvoerder het haar voorgedoen as ene Katlego.

“Ek is so gelukkig. Ek weet nie hoe om dit te verduidelik nie. Ek het elke dag gebid en gehuil,” sê Mphenemene.

Die vrou wat Koketso na bewering ontvoer het, het haar Woensdagmiddag aan die polisie in Benoni oorgegee. Mphenemene sê sy is kwaad vir die vermeende ontvoerder en sy glo die reg sal sy gang gaan.

Mphenemene sê Koketso is haar laatlammetjie. Mphenemene se oudste dogter, Lehlogonolo, is 22 en die middelkind is ’n 19-jarige seun, Gift.

Noudat Koketso veilig by haar gesin is, wil haar broer aanpassings by hul huis in Mogoba aanbring.

“Ek wil ons huis veiliger maak sodra ek ’n werk kry. Ek wil ’n omheining oprig om my ma-hulle te beskerm,” sê hy.

Meer oor:  Pretty Mphenemene  |  Benoni  |  Terug  |  Ontvoer  |  Baba
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.