Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Ma, seun uiteindelik op pad na SA ná huisarres in China

’n Ma en haar driejarige seun wat langer as sewe maande onder huisarres in China was, sal na verwagting Vrydag in Suid-Afrika aankom.

Esteline Lötter (25) en haar seun, Caleb, het Donderdag vanaf die Chongqing-lughawe vertrek nadat die saak waarby Lötter betrokke was, in Maart teruggetrek is.

Esteline Lötter (25) en haar seun, Caleb (3), Donderdagoggend op die Chongqing-lughawe in China, gereed om terug na Suid-Afrika te vlieg. Foto: Verskaf

“Nadat die saak teruggetrek is, was daar soveel uitsteldatums tot wanneer sy die uitgangspermit kon kry. Dit was die een teleurstelling op die ander, maar nou is sy uiteindelik op pad huis toe,” het Suzi Salzwedel, Lötter se ma, Donderdag uit Oos-Londen gesê.

Salzwedel het haar dogter en kleinseun in Oktober 2017 laas gesien toe Lötter na China verhuis het om as ’n Engelsonderwyseres daar te werk.

“Teen daardie tyd het hy (Caleb) net begin loop. Nou hardloop en praat hy al. Ek kan nie wag om hulle te sien nie.”

Lötter is vroeg in Augustus op die lughawe in China in hegtenis geneem. Sy het met haar vliegkaartjies vir haar en Caleb gereed gestaan om huiswaarts te keer, toe die owerhede toeslaan en haar onder huisarres in ’n woonstel in Chongqing plaas, waar hulle soms drie dae lank nie watertoevoer gehad het nie.

Lötter is verbied om die land te verlaat aangesien sy as getuie gebruik sou word teen ’n agentskap wat buitelanders met die verkeerde visums na China lok.

Lötter het ook glo met die verkeerde visum in China gewerk.

Volgens Salzwedel het die agentskap wat Lötter met haar werksaansoek gehelp het, gesê sy kan met ’n vakansievisum gaan en daar sal die visum dan na ’n werksvisum verander word, maar dit het nie gebeur nie.

Met die Chinese owerhede wat in 2018 al hoe meer op buitelanders toegeslaan het weens visumoortredings, het Lötter besluit om huis toe te gaan, maar sy is toe op die lughawe voorgekeer.

Oplaas is Lötter Donderdagoggend deur ’n beampte van die Chinese immigrasiekantoor na die lughawe vergesel.

Maar ek glo ná die hele situasie sal sy nie sommer weer China toe gaan nie.

Sy sal na verwagting Vrydagoggend op die O.R. Tambo-lughawe in Johannesburg aankom, waarna sy die middag na Oos-Londen sal vlieg.

“Die eerste aand sal sy seker net rus en dan Saterdag sal ons ’n bietjie tyd inhaal en natuurlik braai. Sy vrek vir ’n bietjie Suid-Afrikaanse kos, so ons sal braai, of enigiets behalwe noodles eet.”

Salzwedel sê haar dogter het reeds gesê sy wil teen Maandag vir werk begin soek. “Sy wil haar seun onderhou en sy wil ons terugbetaal vir die vliegkaartjies.”

Salzwedel het vroeër vanjaar besef sy sal moet geld gereed hê om vliegkaartjies vir haar dogter en kleinkind te koop, en het dadelik met ’n aanlyn geldinsameling begin.

Dit was egter nie genoeg nie, en sy en haar verloofde het elk ’n lening aangegaan om Lötter tuis te kry.

“As ek dit weer moet doen, sal ek. Enigiets om my kind en kleinkind by die huis te hê.

“Maar ek glo ná die hele situasie sal sy nie sommer weer China toe gaan nie.”

Meer oor:  China
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.