Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Ma woedend oor 6-jarige se tatoe
tatoo
Die “A + N” wat op die sesjarige meisie van eMalahleni se arm aangebring is. Die letters verwys glo na haar ouers, wat van mekaar vervreem is.

’n Ma van Bronkhorstspruit is woedend nadat haar sesjarige dogter glo in die sorg van haar vervreemde man ’n tatoeëermerk gekry het.

Die vrou, wat nie geïdentifiseer kan word nie om die minderjarige kind te beskerm, wil hê die eienaar van ’n tatoeëerwinkel in eMalahleni moet ten volle betaal om die permanente ink van haar dogter se arm te verwyder.

Sy verkwalik ook haar man, wat verlede Saterdag met hul twee kinders na die winkel is, waar “A + N”, vermoedelik die voorletters van die kind se ma en pa, op hul dogter se arm getatoeëer is.

Die woedende vrou wil weet wat haar man besiel het. Haar dogter is wel nie gedwing om die tatoe te kry nie. “Sy dink dis koel, want sy sien haar pa het tatoeëermerke. Maar daar was grootmense en hulle moes die regte keuse gemaak het,” sê sy.

Die meisie woon by haar pa in eMalahleni nadat haar ma in Desember uitgetrek en na Bronkhorstspruit verhuis het.

Die ma het op Facebook oor die voorval uitgevaar om ander van die tatoewinkel se “onprofessionele gedrag bewus te maak”.

Intussen sê die mede-eienaar van die winkel die ma ken nie die hele storie nie.

Sy erken die pa was onlangs by haar onderneming om ’n tatoeëermerk te kry, maar ontken dat haar winkel iets verkeerds gedoen het.

“Die pa was dronk. Ek het die vertrek verlaat en die pa het toe agter ons rug self die tatoe op die meisie se arm aangebring. Hy het my masjientjie ook gebreek,” is haar bewering.

Die pa was dronk. Ek het die vertrek verlaat en die pa het toe agter ons rug self die tatoe op die meisie se arm aangebring. Hy het my masjientjie ook gebreek.

Sy voel “hartseer en kwaad” dat die ma nou die skuld vir die voorval op haar onderneming pak en dreig om ’n hofbevel teen die ma te kry.

“Ons gee om vir ons klante en ek kan nie glo dat sy ons van al hierdie goed beskuldig nie,” sê sy.

Die ma bevraagteken weer op haar beurt die winkel se weergawe van die gebeure en beweer die tatoewinkel was regstreeks betrokke omdat haar dogter aan haar vertel het dat haar pa se “maatjie” die tatoe aangebring het.

Die pa het nie op navrae gereageer nie.

Hoewel die ma meen die voorval kom neer op kindermishandeling, sê ’n regskenner dit is waarskynlik nie die geval nie.

“As die saak in die hof sou draai, sou dit waarskynlik die hof se nekhare laat rys, ja.

"Maar die staat sal moeilik kan bewys dat dit kindermishandeling is.

"Die pa sou die voorneme moes hê om die kind opsetlik seer te maak,” sê oudlanddros Dreyer van Zyl.

“Tog is die kind te jonk om die gevolge van die merk te verstaan en die ma het ook nie haar toestemming gegee nie. As dit my kind was, sou ek baie ontsteld gewees het,” sê hy.

Meer oor:  Tatoe  |  Tatoeëermerk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.