Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Ma skryf roerend oor dogter (29) wat in ongeluk sterf

“Ons huil oor jou, Dettie. Ons huil nog baie oor jou.”

Odette Norton (29). Foto: Facebook

Dit is die hartroerende woorde van Sonja van Wyk aan haar dogter, Odette Norton (29), wat Woensdagoggend in ’n motorongeluk in Groenvlei, Bloemfontein, dood is.

Norton, ’n haarkapper van Bloemfontein, was vermoedelik Dinsdagaand omstreeks 23:30 van die Emoya-landgoed af op pad huis toe, toe sy om ’n skerp draai in Frans Kleynhans-weg, Groenvlei, beheer oor haar motor verloor en dit in ’n erf sowat 150 m van die pad af tot stilstand gekom het.

Sy is die volgende oggend dood nadat sy heelnag in die motorwrak vasgekeer was. Sy het steeds haar veiligheidsgordel aangehad toe ’n man by haar kom. Sy kon aan hom sê wat haar naam is en waar sy bly, maar daarna kon hy nie meer hoor wat sy sê nie.

Van Wyk het op haar Facebook-blad hulde aan haar laatlammetjie, na wie sy liefdevol as Dettie verwys, gebring.

“Môre, mamma se liefste Dettie. Elke oggend as ek wakkerskrik klim die pyn dadelik weer terug in my hart. Nog ’n dag wat ons jou nie gaan sien nie. Hoekom kom sit die seer so vlak in my keel?

“Mamma het gistermiddag by die lykshuis vir jou gesê ons gaan jou verskriklik mis en dat ons mooi na Christo (Norton se man) sal kyk. Hy huil oor jou, Dettie. Baie. Ons almal huil oor jou,” skryf Van Wyk.

Volgens haar slaap sy nie goed sedert Norton se skielike dood nie.

’n Kennisgewing van Odette Norton se begrafnis wat Dinsdag in Bloemfontein gehou word. Foto: Facebook

Sy praat in die oggend met haar wanneer haar emosies rou en haar hart seer is, sê sy. Hulle het goeie oomblikke wanneer hulle lag oor iets snaaks wat Norton gedoen het, maar dan is daar weer iets kleins wat hulle laat huil, sê sy.

“Sussa (Adele Swart) reël werktuigkundig jou begrafnis. Ek weet haar hart is in flarde oor jou. Jy was nie net haar kleinsus nie, maak ook haar beste, beste vriendin. Pieter (Norton se broer), Giepie (Adele se man, Gideon Swart) en pappa (Monté) rou na binne en word net stiller.

“Klein Ruan . . . ai my kind, sy amper 14-jarige lyfie ruk met tye soos hy oor jou huil. Julle twee het soos kinders gespeel as julle die kans gekry het. Hy verjaar Maandag, maar ek weet jy sal nie vergeet nie.

“Lees jou boodskap . . . en onthou altyd dat mamma baie lief is vir jou. Ons huil oor jou, Dettie. Ons huil nog baie oor jou,” sluit sy af.

* Norton word Dinsdag 27 November om 10:00 uit die APK-kerk in Langenhovenpark, Bloemfontein, begrawe.

Sonja van Wyk, Odette Norton se ma, het dié mooi woorde oor haar dogter op haar Facebook-blad gedeel. Foto: Facebook
Sonja van Wyk, Odette Norton se ma, het dié mooi woorde oor haar dogter op haar Facebook-blad gedeel. Foto: Facebook

Meer oor:  Bloemfontein  |  Ongeluk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.