Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Ma sterf in huisbrand saam met 4 kinders

Inwoners van ’n Oos-Kaapse nedersetting het Saterdag wakker geword van angswekkende gille vanuit ’n brandende huis.

’n Vrou en haar vier kinders van die Tshapile-nedersetting in Engcobo het om hulp geskree vanuit die vlammehel, maar kon nie betyds deur die huis se diefwering breek nie.

Die polisie sê Noxolo Deli (48) en haar seun en drie dogters, tussen 9 en 20 jaar oud, is onherkenbaar verkool.

Ná die polisie se voorlopige ondersoek is ’n saak van brandstigting geopen.

Brig. Tembinkosi Kinana, provinsiale polisiewoordvoerder, sê die bure van die slagoffers het aan die polisie gesê hulle het vroeg Saterdagoggend die twee-slaapkamer-huis in vlamme aangetref.

Die lyk van Deli en haar kinders, Azipheli (9), Ayamkela (13), Indiphile (15) en Zuko (20), is binne die verwoeste huis aangetref.

Kinana wou nie verder oor die polisie se ondersoek uitwei nie, maar sê die speurders sal na verwagting vroeg in die nuwe week kan bevestig waarmee die huis aan die brand gesteek is.

Dit was teen Sondag nog onduidelik na hoeveel beskuldigdes die polisie op soek is.

Oscar Mabuyane, Oos-Kaapse premier, het ook Sondag op ’n onverwante nuuskonferensie in Mthatha ’n oomblik geneem om dié voorval te veroordeel.

“Die Deli-familie het vyf familielede verloor. Dit is absoluut onaanvaarbaar. Dit is ’n baie ernstige, afskuwelike misdaad waaroor ons standpunt baie duidelik is. Ons kan nie met dié soort misdadigers saamleef nie en (hulle) moet oorhandig word.”

Meer oor:  Huisbrand
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.