Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Ma sterf voor seun se troue
Felicity Jenniker (regs)

Wat veronderstel was om ’n gelukkige geleentheid te wees, het verlede Saterdagoggend ’n slegte nadraai gehad toe die ma van die bruidegom slegs enkele ure voor sy troue dood is.

Felicity Jenniker is Saterdag omstreeks 05:30 oorlede, vermoedelik aan ’n hartaanval. Sy was 78 jaar oud. Volgens ’n familielid, Marjorie Fester, het Jenniker uitgesien na die troue van haar jongste seun. Die tragedie het in Hogsback afgespeel, waar die troue sou plaasvind.

Jenniker en haar man, Heugh, het Vrydagaand in een van die hutte oorgeslaap. Gedurende die nag het sy gekla van erge borspyne. Toe die gesin uiteindelik Saterdagoggend besluit om haar na die dokter te neem, het sy inmekaargesak en in die voertuig gesterf.

Haar seun, Giovanni en sy bruid, Tatum, is later die dag in die eg verbind deur Giovanni se ouer broer, ’n Anglikaanse priester. Benewens Heugh laat Jenniker ’n dogter en twee seuns agter.

Meer oor:  Troue  |  Ma  |  Sterf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.