Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Ma stort met kinders in motor in kloof af
Die motor waarin ’n ma en haar twee kinders in ’n kloof afgerol het. Foto: ER24

’n Ma en haar seun moes Sondagmiddag vanuit die dieptes van ’n kloof om hulp roep nadat die gesin se kar daar afgerol het.

Ross Campbell, woordvoerder van die ER24-nooddiens, sê die 19-jarige seun het, ten spyte van sy eie beserings, reeds ’n groot deel van die onherbergsame hange na bo uitgeklim terug na die pad om hulp te soek, toe hulle gevind is.

Intussen het die 51-jarige ma haar beseerde 12-jarige dogter gehelp met wat ook al tot haar beskikking was.

“Die ma het goed kopgehou. Volgens ons inligting het sy reeds haar dogter gestabiliseer en seker gemaak sy lê baie stil,” sê Campbell.

Die 12-jarige dogter moes per noodhelikopter vervoer word. Foto: ER24

Dit is onbekend hoe die voertuig in die kloof vanaf die R511-pad in die Hennopsrivier-omgewing duskant Centurion afgerol het.

“ER24-paramedici het om 14:15 saam met die metropolisie en polisie op die toneel aangekom.

“Die motor het vir so ’n kilometer tot onder in die kloof afgerol. Die ma en seun het van onderaf om hulp geroep,” sê Campbell.

Die jong meisie moes weens vermoedelike rugbeserings op ’n draagbaar met die hulp van die polisielede op die toneel gedra word.

“Sy was stabiel, maar weens die erns van haar beserings en omdat dit nie moontlik was om gevorderde mediese hulp daar te verleen nie, is daar besluit om haar met ’n ander mediese diens se helikopter en medici na ’n hospitaal te neem.”

Die ma en seun se beserings is om die toneel behandel, voordat hulle na die Mediclinic Midstream geneem is vir verdere behandeling.

Meer oor:  Hennopsrivier  |  Centurion  |  Redding
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.