Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Ma van 2 in mynongeluk dood
Venessa PlaggFoto: Facebook/Venessa Plagg

Die ma van twee jong kinders is Vrydagaand laat dood in ’n ondergrondse ongeluk by die Black Mountain-myn op Aggeneys in die Noord-Kaap.

Vedanta Zinc International, wat die myn besit, het die ongeluk in ’n verklaring bevestig en gesê Venessa Plagg, wat as ’n operateur by die myn gewerk het, is noodlottig in ’n “geïsoleerde grondstorting” beseer.

Die voorval het omstreeks 23:00 by die myn se Deeps-skag op vlak 49 gebeur.

Deshnee Naidoo, uitvoerende hoof van Vedanta International, sê in die verklaring hulle is platgeslaan deur die tragiese verlies. Hulle het hul meegevoel uitgespreek teenoor Plagg se familie. Haar man, Melvin, werk ook by die myn.

Die mynmaatskappy het ook sy volle ondersteuning aan die familie belowe.

Alle produksie by die myn is tydelik gestaak en die departement van minerale bronne en energie is oor die ongeluk ingelig. Amptenare van die departement het Saterdag saam met die mynbestuur en vakbonde ’n ondergrondse inspeksie by die myn gedoen.

Meer oor:  Venessa Plagg  |  Noord-Kaap  |  Aggeneys  |  Black Mountain-Myn  |  Mynongeluk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.