Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Ma van SA dwelmmuil glo sy sal haar weer sien

Elsie, ma van Letitia Bosman wat in Maleisië ter dood veroordeel is nadat sy met dwelms betrap is, is positief dat sy haar kind weer gaan sien.

“ ’n Vrou by die hof in Maleisië het vandag gebel en gesê dat Letitia se appélaansoek teen haar vonnis tot 6 Maart volgende jaar uitgestel is,” het Elsie Donderdag aan Netwerk24 gesê.

Die 27-jarige Letitia Bosman is op 12 September 2013 op die Senai Internasionale Lughawe in hegtenis geneem nadat daar 1,9 kg se metamfetamien, oftewel tik, in ’n sak gevind is wat sy by haar gehad het.Foto: Facebook

Elsie het met Bosman se vorige hofverskyning in Augustus laas met haar gepraat.

“Sy het my toe uit die tronk gebel en gesê dat die saak uitgestel is. ’n Ander vroutjie het my aandag op ’n nuusartikel gevestig wat sê dat die doodstraf in Maleisië afgestel gaan word.

“Ek los dit nou in die Here se hande. Dit is al wat ’n mens onder hierdie moeilike omstandighede kan doen,” sê Elsie.

Die 27-jarige Bosman is op 12 September 2013 op die Senai Internasionale Lughawe in hegtenis geneem nadat daar 1,9 kg se metamfetamien, oftewel tik, in ’n sak gevind is wat sy by haar gehad het. Sy is in Februarie 2015 in die hooggeregshof ter dood veroordeel.

Liew Vui Keong, minister in die justisie, het aan die begin van Oktober gesê dat daar ’n moratorium op alle doodsvonnisse geplaas moet word op die oog op die uiteindelike wegdoen van die doodstraf in Maleisië.

Dié nuwe wetgewing sal op 15 Oktober in die Maleisiese parlement bespreek word. Keong het versoek dat alle doodsvonnisse tydelik opgeskort moet word totdat ’n finale besluit daaroor geneem word.

“Ek voel positief dat ek my kind weer gaan sien,” sê Elsie.

Meer oor:  Letitia Bosman  |  Maleisië  |  Doodstraf  |  Dwelmmuil
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.