Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Ma van vermiste tiener: ‘Daar is siek mense daar buite’

’n Ma van Vredekloof in Kaapstad is rasend van bekommernis omdat haar dogter sedert Vrydag vermis word.

Hanlie Muller sê Anchen is blond met blou oë, 1, 7 m lank en het ’n khakibaadjie, ligte denimbroek en grys stewels aangehad toe sy laas buite die kompleks, Chelsea Estate, waar hulle woon, gesien is.

“Sy is maar net dertien jaar oud, maar lyk dalk ouer. Ek is bitter bekommerd, want daar is baie siek mense daar buite,” sê sy.

Muller sê hulle het nog nie veel nie, maar die polisie is besig om haar verdwyning te ondersoek.

“Hulle wil vir nou nie veel oor die ondersoek deel tot hulle nie weet wat presies aan die gang is nie. Dit mag die ondersoek dalk bemoeilik as die verkeerde inligting gedeel word.

“Ons sal enige hulp verwelkom,” sê Muller.

Mariette Dalton, haar tannie, het op Facebook om gehulp gevra.

Luidens die inskrywing is Anchen se selfoon af.

Nog ’n tiener, Michelle Louw van Gugulethu, word sedert 5 Augustus vermis.

Sy het ’n grys rok, grys spanbroek en wit-en-oranje Nike drafskoene aangehad toe sy laas gesien is luidens ’n kennisgewing wat die Pink Ladies uitgereik het.

Enigiemand wat inligting het oor Anchen word versoek om die Brackenfell-polisie by 021 980 5740 te bel.

Die Gugulethu-polisie kan by 021 684 2300 gebel word met inligting oor waar Michelle haar dalk bevind.

Michelle Louw word sedert 5 Augustus vermisFoto: Facebook

Meer oor:  Anchen  |  Kaapstad  |  Buite  |  Ma  |  Mense  |  Siek  |  Vermiste  |  Tiener
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.