Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Maak litte los vir renosters

Laat omgee oorgaan in optrede.

Dié optrede kan in enige vorm wees – stap, fietsry, joga of uitreikprogramme – solank dit wyd en syd op sosiale media verkondig word. Dis die versoek aan deelnemers aan die One Land Love It- (Olli) stigting se week lange veldtog teen renosterstropery.

Wayne Bolton, stigter van Olli, ’n organisasie van Port Elizabeth sonder winsbejag, sê vanjaar se veldtog is daarop gemik om soveel moontlik bewusmaking op sosiale media te bekom deur deelnemers wat hul “bewegings vir omgee” onder die hutswoord #OLLIMove op sosiale media deel.

Die “beweeg”-veldtog is Dinsdag op Wêreldrenosterdag deur Sharon Jessop, ’n plaaslike drawwer, begin wat ’n halfmarathon aanpak. Jessop gaan oor die volgende 62 dae elke dag probeer om 22 km te draf. Hiermee hoop sy om geld vir Olli en die plaaslike gemeenskapskas in te samel. Terselfdertyd mik sy vir ’n Guinness-wêreldrekord as die vrou wat die meeste halfmarathons agtereenvolgens voltooi het.

Laura Bolton van die One Land Love It- (Olli) stigting saam met hul lewensgrootte veselglas-renoster, wat hulle vir bewusmaking en opvoedingsprogramme gebruik. Foto: Nikki Bolton

Volgens Bolton word die OLLIMove-veldtog vanjaar ook deur verteenwoordigers in 27 lande ondersteun, waarvan een Grant Melville in Nieu-Seeland sal wees.

Melville gaan op sy bergfiets om ’n mariene bewaringsgebied van die Otago Peninsula in Dunedin ry. Dit is ’n beskermde tuiste vir seeleeus, pikkewyne, die albatros en die bedreigde kiwi-voël.

Op eie bodem sal die Olli-span uitbeweeg na die nabygeleë gemeenskap van die Addo-Olifantpark, waar die gemeenskap se kinders met kospakkies bederf sal word, asook meer oor hul rol in natuurbewaring geleer sal word.

“Die geld wat ons insamel, word gewoonlik bestee aan toerusting teen omgewingsmisdaad en renoster-versorgingsentrums of ’n humanitêre geleentheid. Maar vanjaar het ons besluit om te fokus op die kinders wat aan die grens (van die Addo-Olifantpark) woon.

“Dié mense het ’n groot rol te speel in die gebied deur stropers te identifiseer of bloot net die natuurlike erfenis te beskerm.”

Die kinders wat deel vorm van die program word onder meer geleer hoe hulle selfs nou al ’n verskil kan maak deur te verseker krane is behoorlik toegedraai en rommel word opgetel.

“Dit is uiters belangrik dat kinders hoor hoe groot rol hulle speel, want dit kweek verantwoordelikheid by diegene met die natuur se toekoms in hul hande.”

Dié mense het ’n groot rol te speel in die gebied deur stropers te identifiseer of bloot net die natuurlike erfenis te beskerm.

Luidens die departement van omgewingsake se statistieke is 594 renosters landwyd in 2019 gestroop, terwyl 769 renosters in 2018 vir hul horings doodgemaak is.

Bolton sê oor die afgelope vier jaar is ’n afname in dié statistieke gesien, veral gedurende vanjaar se inperkingstydperk. Hy skryf dit toe aan goeie bewaringswerk, terwyl die aandklokreël en verbod op reis tydens die inperking gehelp het. Hy meen egter veldwagters en owerhede sal binnekort hoogs paraat moet wees vir ’n aanslag van stropers wat vir verlore tyd sal wil opmaak.

• Om oor die volgende week deel te neem aan die OLLIMove-veldtog besoek hul webwerf by www.move.oneland.co.za.

Meer oor:  Renosters
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.