Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Werk Steve se 'stukkende' DStv-skottel dan nog?

Die Afrikaanse sanger Steve Hofmeyr het Woensdagoggend op Twitter op Netwerk24 se artikel hier onder oor sy DStv gereageer. Hofmeyr sê in sy twiet dat as iemand regtig hul DStv stop, het hulle steeds 'n maand oor om DStv te kyk. Hy sê ook dat hy nie by die huis was nie en dat sy twiet bloot 'n reaksie op 'n advertensie vir die program Prontuit was.

* Hierdie artikel is bygewerk nadat Hofmeyr kommentaar gelewer het.

steve twiet
Die sanger Steve Hofmeyr het Woensdagoggend kommentaar op Netwerk24 se artikel gelewer. Foto: Twitter

Die Afrikaanse sanger Steve Hofmeyr wil weet hoekom hy steeds op die betaaltelevisiediens, DStv, se kanale bespreek word en daarop aangedring dat DStv hul boikot eerbiedig deur hom nie op hul kanale te bespreek nie.

Die Afrikaanse sanger Steve HofmeyrFoto: Instagram

Hofmeyr het Twitter aan die gons gehad nadat hy aangekondig het dat daar steeds op DStv se kykNet Verslag oor hom gedebatteer word.

“Hoekom is daar ’n debat oor my op DStv se MultiChoice-kanale? Ek dring aan op my boikot,” twiet Hofmeyr.

Dit volg nadat MultiChoice, wat DStv bedryf, in April aangekondig het dat hulle enige inhoud van Steve van sy platforms verbied en verwyder.

DStv het besluit dat geen beeldmateriaal waarin Hofmeyr verskyn op hul kanale uitgesaai sal word nie en het voet by stuk gehou dat Hofmeyr geen blootstelling, hetsy flieks of reekse, op sy televisiekanale sal kry nie.

MultiChoice het toe gesê Hofmeyr se politieke standpunte stem nie ooreen met dié van die maatskappy nie.

Hofmeyr het gedreig dat hy regstappe teen DStv oorweeg en sy teleurstelling in DStv uitgespreek, maar ook toe besluit om sy skottel te “braai”.

Hy het belowe om ’n begrafnis vir sy skottel te hou, waarna hy ’n video op sosiale media gedeel het, waarin hy wys hoe hy sy DStv kanselleer omdat hulle “rassisties” is, by “staatskaping betrokke is” en “vriende van die Guptas is”.

Hofmeyr het daarna gewys hoe hy oor sy dekodeerder ry, waarna hy sy skottel van die dak af gegooi het en R10 000 belowe het vir die persoon wat sy skottel vernietig en ’n video daarvan op Facebook plaas.

Dit volg op ’n herrie by die kykNET-Ghoemas vroeër vanjaar toe Hofmeyr se benoeming vir beste musiekvideo vir “Die land” teruggetrek is nadat MultiChoice gedreig het om sy borgskap te onttrek weens Hofmeyr se betrokkenheid.

Twitter-gebruikers was vinnig om kommentaar te lewer oor Hofmeyr se plasing oor DStv en heelwat vrae is gevra.

“Hoe weet jy jy word bespreek op DStv? Wanneer kap jy jou ander twee skottels flenters? Jy belieg jou aanhangers,” het die gebruiker Esmé vir Hofmeyr getwiet.

Ene Nico het ’n foto geplaas en gevra hoe Hofmeyr dan van die uitsendings weet, terwyl Selvin Hein skryf dat Hofmeyr mos sy dekodeerder wou braai.

Sihle Ngcobo het vir Hofmeyr getwiet dat ’n besprekingspunt vryheid van spraak is, waarna hy gevra het hoe Hofmeyr weet hy word bespreek, as hy sy vryheid van kyk en luister gebraai het.

“Hoe weet jy? Ek dog jy het jou skottel vernietig?” vra Angus Norkie, terwyl Martin Laubscher vir Hofmeyr laat weet het dat hy “debatteer” verkeerd gespel het.

“Ek dog jy het jou lidmaatskap gekanselleer? Uitgevang!” laat weet Anton de Waal.

Talle van Hofmeyr se ondersteuners het egter vir hom in die bresse getree en laat weet dat hulle ook hul lidmaatskap gekanselleer het en hom ondersteun.

Meer oor:  Dstv  |  Multichoice  |  Steve Hofmeyr  |  Suid-Afrika  |  Vernietig  |  Afrikaans  |  Boikot  |  Ghoemas  |  Braai
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.