Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Maatskappye wat ervaring vra, is die probleem – Hlaudi

Maatskappye wat vra dat jy eers ondervinding het vir ’n sekere pos, is die rede hoekom studente nie werk kry nie en is verantwoordelik vir die probleme wat tans in die land bestaan.

Só glo Hlaudi Motsoeneng, voormalige bedryfshoof van die SAUK.

Motsoeneng het Donderdagmiddag op die Tshwane-Universiteit van Tegnologie (TUT) se Soshanguve-Suid-kampus, noord van Pretoria, met studente oor ekonomiese transformasie gepraat.

Hy glo egter as maatskappye soos die SAUK gemaak het – om vir hul interns permanente poste te gee sodra hulle met hul grade of internskap klaargemaak het – sal die land in ’n baie beter toestand wees.

“Ouers sukkel om geld te kry om vir hul kinders te betaal om ’n graad te kry. Sodra dié student klaarmaak, gaan sit hy by die huis sonder werk. Nou is daar al hoe meer armoede in die huis,” het hy gesê.

“As jy dit kan bekostig, moet jy nie net vir jou eie kinders betaal nie, maar vir ander studente ook.
“Studente betoog elke jaar vir gratis onderwys, maar niks gebeur nie. Onderwys moet mense van die land saambring. Ons moet al ons studente ondersteun.”

Mense hou daarvan om te sê ek hou nie van opvoeding nie. Hulle is almal mal.

Motsoeneng het gesê hy weet hy is nie pres. Jacob Zuma se gunsteling-mens nie, maar hulle staan saam oor die kwessie van ekonomiese transformasie.

“Mense hou daarvan om te sê ek hou nie van opvoeding nie. Hulle is almal mal. Ek glo sterk dat ’n nasie wat goed opgevoed is, die wêreld kan verander. Ek het dus self besluit om vir ’n paar studente se studie uit my eie persoonlike sak te betaal,” het hy gesê.

Hy het gevra die privaat sektor moet sorg dat studente wat hul grade klaarmaak, werk kry. Hy sê hy het alle interns permanente poste by die SAUK gegee, want “niemand is met ervaring gebore nie”.

“As studente is dit nie genoeg om teen klasgeld te betoog nie. Julle moet ook betoog dat die privaat sektor in julle belê.”

Hlaudi Motsoeneng

“As jy gratis klas kry, maar jou boeke kos meer as R1 500, waar gaan jy die geld kry? Die privaat sektor moet hiervoor voorsiening maak, veral vir universiteite in die townships soos dié.

“Wie het gesê julle kan nie regeer nie? Wie het gesê julle kan dit nie doen nie? Ons moet leer om mekaar te vertrou om die land beter en sterker te maak.”

Motsoeneng het die studente gemaan om nie geboue en ander besittings af te brand of te vernietig nie.

“Jul kinders het die geboue nodig. Veg, ja. Maar moenie afbreek en afbrand nie.”

Meer oor:  Tut  |  Hlaudi  |  Toespraak  |  Studente  |  Aanstellings  |  Poste  |  Werk  |  Universiteit
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.