Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Madiba se dogter Zindzi Mandela sterf

Zindzi Mandela, dogter van oudpres. Nelson Mandela en Winnie Madikizela-Mandela, is dood.

Sy was 59 jaar oud. 

Die departement van internasionale betrekkinge en samewerking (Dirco) het die nuus aan Netwerk24 bevestig.

Die omstandighede van haar dood is nog nie bekend nie en Dirco het aangedui 'n verklaring volg later.

Huldeblyke het op sosiale media ingestroom en Zindzi geloof vir haar rol in die politiek. Sy was 'n baba toe haar pa tronk toe gestuur is.

Mandela, wat in Junie 2015 ambassadeur in Denemarke geword het, is in Junie 2019 deur Naledi Pandor, minister van internasionale betrekkinge en samewerking, oor die kole gehaal oor haar onvanpaste uitlatings op Twitter. Sy het wit Suid-Afrikaners onder meer as “verkragter-afstammelinge van Van Riebeck” (sic) en “sidderende gronddiewe” bestempel.

Ná die teregwysing deur Pandor het sy egter volgehou met twiets met die hutsmerk #OurLand en onlangs ook #Asijiki ("ons sal nie omdraai nie"), wat deur die EFF vir sy grondbesettingsveldtog gebruik word.

LEES OOK: Zindzi se termyn verleng, al trek sy weer los op Twitter

Hou Netwerk24 dop vir meer.

Meer oor:  Zindzi Mandela
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.