Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
KYK: Madiba sou dit ook doen, sê treinramp-helde

“Madiba het wit en swart mense gehelp om mekaar beter te verstaan,” sê een van die helde van die Geneva-treinramp, Evert du Preez.

Evert sê Mandela het as eerste swart president gehelp dat mense van apartheid vergeet.

Mokoni Chaka, die ander treinheld, sê Madiba het wit en swart mense bymekaar gebring en versoen.

“Madiba sou ook die mense in die treinramp gered het,” sê Evert.

Ons het net die mense gehelp en nie na kleur gekyk nie, sê hy.

Ja, sê Mokoni, hy glo Madiba sou daarvan gehou het dat hulle gehelp het om mense se lewens tydens die ongeluk te red.

Mokoni Chaka en Evert du Preez vertel hier wat Nelson Mandela se nalatenskap vir hulle beteken. Die twee helde van die Geneva-treinramp is te sien in ’n advertensie van die Reserwebank se veldtog met die hutswoord #TheMadibaInMe.Foto: Alet van der Walt

Mokoni sê mense moet mekaar help en hy en Evert kon nie die mense los nie, want elke mens het die reg op lewe.

“Die babas se hele lewe lê nog voor hulle en daarom moes ons hulle red.” sê Mokoni.

Evert sê vir hom is oudpres. Nelson Mandela se aanhaling dat alles onmoontlik lyk totdat dit gedoen is, een van sy gunsteling-aanhalings.

Hy sê baie mense het al aan hom en Mokoni gesê hulle kan nie glo dat twee kinders met so ’n ramp gehelp het nie.

“Dit wys dat kinders ook ’n verskil kan maak,” sê Evert.

Die twee plaasseuns, albei 12 jaar oud, se heldedaad en vriendskap het mense diep geraak. Mokoni kan goed Afrikaans praat en Evert praat Sotho asof dit sy moedertaal is.

Die twee het op 4 Januarie gehelp om klein kindertjies en babas uit die ontspoorde Shosholoza-Meyl-trein by Geneva buite Hennenman te red.

Die trein het teen die wa van ’n vragmotor by ’n spooroorgang gebots en ontspoor en aan die brand geslaan.

Talle mense was in die brandende treinwaens vasgekeer en die twee plaasseuns het gehelp om veral die babas te red en na veiligheid te bring.

Hulle het verskeie pryse vir hul dapperheid ontvang. Die landboumaatskappy Senwes het in Februarie dié twee se dapperheid en ’n entrepreneur, Seun Diphoko, se deursettingsvermoë as tema vir ’n advertensie gebruik.

Die Suid-Afrikaanse Reserwebank (SARB) het ook ’n advertensie gemaak met Mokoni en Evert se dapperheid en medemenslikheid as tema. Dié advertensie, wat die waardes van Nelson Mandela vier, is vandeesweek ter herdenking van Mandela se 100ste verjaardag uitgereik.

Die advertensie, met die hutswoord #TheMadibaInMe, is deel van ’n veldtog deur die SARB. Die SARB stel met dié veldtog ook ’n nuwe reeks banknote en munte ter herdenking aan Mandela bekend.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.