Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Magdaleen Krüger groet RSG ná 32 jaar

Magdaleen Krüger, stasiebestuurder van RSG, het luisteraars Vrydag ná 32 jaar by die openbare uitsaaier gegroet.

Krüger, wat Woensdag 63 geword het, het die SAUK se ouderdom vir uittrede bereik.

Sy wou nie vandeesweek kommentaar lewer nie, maar in haar laaste nuusbrief op die RSGplus-webwerf skryf sy dat sy die afgelope drie dekades ongelooflike geleenthede by die SAUK gehad het as verslaggewer, regisseur, redakteur, omroeper en stasiebestuurder.

“Vanweë my werk kon ek geskiedkundige mylpale in ons land meemaak; die vrylating van meneer (Nelson) Mandela, die val van die Berlynse muur, die eerste demokratiese verkiesing, Kodesa 1 en 2 en die oorlog in die Midde-Ooste, om net enkele hoogtepunte te noem,” skryf sy.

Magdaleen Krüger tree af as RSG se stasiebestuurder. Foto: Verskaf

Volgens Krüger kon sy ook programme maak waarin sy haar liefde vir musiek, letterkunde en aktualiteit kon uitleef.

Die burokrasie, verslae, reëls en regulasies was vir haar “die minder lekker deel”. Sy sien daarna uit om in haar aftrede vir die eerste keer ’n trui te brei en te leer tik sonder om op die toetsbord te kyk.

Mmoni Seapolelo, waarnemende SAUK-woordvoerder, het Krüger vir haar werk en toewyding bedank. Sy het bevestig dat Louise Jooste by Krüger oorneem.

Jooste het Vrydag aan Netwerk24 gesê sy sien baie uit na die rol en die taak wat voorlê.

“Omdat ek al langer as 14 jaar nou betrokke is by RSG as bemarkingsbestuurder en die afgelope jaar ook terselfdertyd waarnemende programbestuurder is, is ek deeglik bewus van die uitsaaibedryf en die Afrikaanse landskap en sien ek daarna uit om steeds goeie-gehalte-radio aan ons luisteraars te lewer,” sê sy.

Louise Jooste is RSG se nuwe besigheidsbestuurder. Foto: Verskaf

Jooste het ’n honneursgraad in kommunikasie aan die Noordwes-Universiteit verwerf, en sy het ook ’n kwalifikasie in besigheidsbestuur aan die besigheidskool van die Universiteit van die Witwatersrand behaal.

Volgens die SAUK het Jooste ’n belangrike rol in die beplanning van RSG se strategie gespeel en met talle suksesvolle bemarkingsveldtogte gewys hoe sterk die Afrikaanse radiostasie en sy gehoor is.

Jooste se posbenaming is voortaan besigheidsbestuurder van RSG.

Luidens Krüger se nuusbrief is die SAUK se artikel 189-afleggingsproses verby en lê harde werk voor om die uitsaaier se nuwe bedryfsmodel in werking te stel.

“RSG se nuwe bedryfsmodel maak voorsiening vir 12 vaste poste, waarvan vyf gevul is. Die ander sewe poste word tans en in die komende weke geadverteer,” skryf sy.

Meer oor:  Sauk  |  Rsg
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.