Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Magnus se familie verwerp beweringe ‘ten sterkste’
Wyle genl. Magnus Malan Foto: Argief

Die familie van wyle genl. Magnus Malan, voormalige minister van verdediging, verwerp ten sterkste die beweringe in ’n nuwe en opspraakwekkende boek dat hy ’n pedofiel was.

Genl.maj. Gert Opperman, destydse kollega van Malan en woordvoerder vir die familie, het dít Maandag bevestig en sê die familie is “geweldig ontsteld” deur die beweringe wat teen hom in die boek Die seuns van Bird Island gemaak word.

Dié boek, wat vanaf Maandag op winkelrakke is, is geskryf deur Mark Minnie, ’n oudspeurder, en Chris Steyn, ’n ondersoekende joernalis.

Opperman sê dit is glad nie hoe oudkollegas, Malan se familie of almal wat hom geken het, hom beleef het nie.

“Ek self het baie jare saam met hom gewerk en hy was altyd ’n man uit een stuk wat hom nooit aan onwettighede sou skuldig maak nie.

Dit is jammer dat sulke beweringe nou ná sy dood gemaak word wanneer hy nie in staat is om homself te verdedig nie.

“Hy was altyd ’n voorbeeld vir almal en iemand na wie mense opgekyk het. Dit is jammer dat sulke beweringe nou ná sy dood gemaak word wanneer hy nie in staat is om homself te verdedig nie.”

Volgens Opperman is die onthullings in die boek “ ’n groot skok” vir die Malan-familie.

Volgens hom het talle mense Sondag ook hul “absolute onvergenoegdheid” en “skok” teenoor hom weens die beweringe uitgespreek.

Op ’n vraag of die Malan-familie verdere stappe oor die beweringe oorweeg, het Opperman gesê hy “wil nie die familie se optrede vooruit loop nie”.

In die boek word onder meer beweer dat Malan en nog twee oudministers in die Nasionale Party-regering pedofiele was wat destyds aan seksorgies met seuns, meestal bruin seuns, deelgeneem het wanneer die ministers vir “visvanguitstappies” na Bird Island naby Port Elizabeth gegaan het.

Die een minister se naam word nie genoem nie omdat hy nog leef. Die ander een is wyle John Wiley, oudminister van omgewingsake.

Wiley en David Allen, ’n skatryk vrygesel, sakeman en polisiereservis van Port Elizabeth wat glo ook betrokke was, het hulself kort ná mekaar geskiet, maar in die boek word daarop gesinspeel dat dit moord was om hul monde te snoer.

Meer oor:  Magnus Malan  |  Die Seuns Van Bird Island  |  Boek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.