Julius Malema, EFF-leier, ly glo aan uitputting en was nie Dinsdagoggend deel van die EFF-optog van Ramkraal na die munisipale gebou in Bloemfontein nie.

Die EFF het Dinsdagoggend teen swak dienslewering in Bloemfontein betoog. Julius Malema, EFF-leier, kon glo weens uitputting nie aan die optog in die middestad deelneem nie, maar sou hom wel na verwagting later by die optoggangers aansluit. Foto: Mlungisi Louw
Netwerk24Foto: Mlungisi Louw
Hy was veronderstel om as deel van die party se verkiesingsveldtog aan ’n protesoptog oor swak dienslewering deel te neem, maar sal hom na verneem word nou eers later by die optog aansluit.
Protesgangers het hardop gesing en dans terwyl hulle deur die strate in die Bloemfonteinse middestad beweeg het. ’n Vrou wat aan die betoging deelgeneem het, het flou geword maar is later bygebring.