Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Malles, dapperes smeer vet vir jaarlikse Ysbeerswem
Bundu, die ysbeertjie, hou wag in die Sandrivier terwyl die swemmers die yskoue water ten bate van Engo Kinder- en Gesinsorg aandurfFoto: Alet van der Walt

Die dapperste swemmers in die land kan hulle gereed maak vir die Vrystaat se jaarlikse Ysbeerswem op 1 Julie in die Sandrivier.

Felix Burri, organiseerder van die byeenkoms, sê die watertemperatuur is op die oomblik 8.5 °C maar hy verwag die kouefronte wat voor 1 Julie oor die Vrystaat gaan beweeg, kan dit tot 7.5 °C laat daal.

Ongeveer 600 swemmers, talle in die kostuums van superhelde en ander karakters, sal weer op 1 Julie die water van die Sandrivier aandurf.Foto: Alet van der Walt

Dié jaarlikse swembyeenkoms by die Bundukamp langs die N1 buite Ventersburg, is ’n hoogtepunt op dapperes, malles en pretsoekers se kalender. Dit word vanjaar vir die 22ste keer aangebied en sowat 600 swemmers sal na verwagting deelneem.

Burri swem elke jaar eerste deur die rivier, waarna die ander swemmers hom volg.

Die geleentheid is ten bate van Engo Kinder- en Gesinsorg.

Die gewilde 4x4-kompetisie sal vanjaar aan Juanita van Zyl opgedra word, wat in Oktober dood is. Sy het jare lank gehelp om die geleentheid te reël.

Paramedici en menseredders uit Bloemfontein sal aan diens wees om die veiligheid van die swemmers en ander besoekers te verseker.

Burri het al heelwat navrae van swemmers van so ver as Kaapstad, Limpopo en KwaZulu-Natal ontvang. ’n Bus sal mense uit Bloemfontein na die geleentheid vervoer.

Voertuie betaal R50 hekgeld en swemmers betaal tot 11:30 R40 om te swem. Laatkommers moet R50 betaal. Die swem begin om 12:00.

Kinders onder tien jaar oud mag nie deelneem nie.

Rig navrae aan Burri by 082 851 4584.

Meer oor:  Ventersburg  |  Vrystaat
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.