Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Malmesbury baat by opgradering aan N7

Padwerke aan die N7 buite Malmesbury in die Wes-Kaap wat reeds in Januarie 2015 begin het, het tot dusver meer as 500 werksgeleenthede vir plaaslike inwoners geskep.

Sowat R505 miljoen is aan die konstruksiewerk bestee, wat ook aan die dorp ’n ekonomiese inspuiting gee.

Konstruksiewerk aan die N7 by Malmesbury.Foto: Argief

“Baie van ons plaaslike inwoners kon met hierdie projek ’n inkomste verdien,” sê Lilian Leukes, gemeenskapskakelbeampte vir die projek.

“Ander het dit weer as ’n geleentheid gebruik om hul opleiding en loopbaangroei te bevorder,” sê sy.

Poens Venter, besturende direkteur van Power Construction, is bly dat die opgradering van die pad die verkeersvloei verbeter het.

Werk aan die N7 sluit in die opgradering van seksie een, van die 48 km-merk tot by die 52 km-merk. Hierdie word in ’n dubbelbaan omskep en sal aansluit by die bestaande dubbelbaan-gedeelte wat suid van die Darlingstraat-wisselaar by die 52 km-merk aansluit.

Hierdie wisselaar word opgegradeer om die kapasiteit vir verkeer tussen die westelike en oostelike dele van Malmesbury, aan teenoorgestelde kante van die N7, te verbeter.

“Dit het intensiewe rehabilitasiewerk van die bestaande pad ingesluit, asook die herbou van 13 strukture,” sê Alexi Maravelias van AECOM, die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) se raadgewende ingenieurs.

“Die projek is in die finale stadium en ons is ongelooflik trots, nie net op die wêreldklasgehalte van die N7 rakende die ervaring van die padgebruiker nie, maar ook op die belangrike rol wat die konstruksiebedryf in ekonomiese groei speel,” sê Steph Bredenhann, Sanral-projekbestuurder.

Die werk behoort einde 2019 voltooi te wees.

Meer oor:  Malmesbury  |  Opgradering  |  Padwerke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.