Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
‘Malusi het met sakke vol Gupta-geld tuis gekom’
Nomachule Mngoma tydens ’n hofverskyning na haar in inhegtenisneming op aanklagte van aanranding en kwaadwillige saakbeskadiging. Foto: Argief

Malusi Gigaba, voormalige minister van binnelandse sake, het volgens sy vervreemde vrou gereeld by sy huis opgedaag met sakke vol geld wat hy glo by die Guptas gekry het.

Nomachule Mngoma, Gigaba se vervreemde vrou, het Donderdagaand die aantyging gemaak tydens ’n onderhoud met die TV-nuuskanaal eNCA.

“Ek weet nie waarvoor die geld was nie. As ek hom gevra het, het hy net gesê dit was vir ’n guns, of dit was ’n geskenk van die Guptas,” het sy aan eNCA gesê.

Volgens Mngoma het Gigaba die geld gebruik om sy leefstyl te finansier, sowel as hulle troue en wittebrood.

“Hy het ook vir sy suster geld gegee,” beweer sy.

Mngoma sê sy was ook gereeld saam met Gigaba by die Guptas se woning. “Hulle het vergaderings daar gehou. Ek moes altyd in ’n ander kamer gaan sit het. Ek moes ook my selfoon inhandig,” het sy aan eNCA gesê.

Volgens haar het die besoeke aan die Gupta-gesin se woning baie meer geword toe hy as minister van staatsondernemings aangestel is.

“Die Guptas het na ons huis toe ook gekom,” het sy in die onderhoud beweer.

Sy beweer verder dat Gigaba haar gevra het om nie uit te praat oor sy verhouding met die Guptas nie, veral nie noudat die Zondo-kommissie besig is met sy ondersoek na staatskaping nie.

“Indien die kommissie my nader om te kom getuig, sal ek dit doen,” het sy aan eNCA gesê.

Gigaba het op sy Twitter-blad geskryf hy gaan nie kommentaar lewer op Mngoma se onderhoud met eNCA nie.

Gigaba was van 2010 tot 2014 minister van openbare ondernemings. Hy is daarna aangestel as minister van binnelandse sake totdat hy in 2017 aangestel is as minister van finansies in Pravin Gordhan se plek in oudpres. Jacob Zuma se kabinet.

Onder pres. Cyril Ramaphosa is hy aangestel as minister van binnelandse sake tot sy bedanking in 2018 nadat ’n hof bevind het dat hy onder eed gelieg het en nadat ’n video waarin hy homself seksueel bevredig op die lappe gekom het.

Malusi Gigaba, oudminister van binnelandse sake, het in November 2018 bedank na ’n seksvideo-skandaal en nadat hy deur ’n hof aan meineed skuldig bevind is. Foto: Argief

Mngoma is vroeër vanjaar in hegtenis geneem op aanklagte van aanranding en kwaadwillige saakbeskadiging.

Sy is op R5 000 borgtog vrygelaat.

Die klaers is glo Gigaba en nog ’n man.

Haar inhegtenisneming het gevolg nadat ’n video op sosiale media versprei is van ’n Mercedes-Benz G-Wagon van sowat R2,5 miljoen met verskeie krapmerke daarop.

Luidens die klagstaat het sy die motor beskadig, en dat die voertuig aan haar man behoort het.

Daar is voorheen berig die motor behoort aan Peterson Siyaya, ’n vriend van haar man. Siyaya het egter eienaarskap van die motor ontken in hofstukke tydens ’n aansoek teen die media, wat later van die hand gewys was.

Malusi Gigaba, oudminister van binnelandse sake, en Nomachule Mngoma, sy vervreemde vrou in gelukkiger tye tydens die parlementsopening in 2017. Foto: Argief

Meer oor:  Guptas  |  Malusi Gigaba
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.