Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Mamba kom doen huisbesoek
’n Vrou van Westville in Durban het haar Saterdag boeglam geskrik toe sy ’n onverwagse besoek van ’n swart mamba in haar slaapkamer ontvang het. Foto: Facebook

Om ’n middagslapie te moet kortknip vir ’n ongenooide gas is erg genoeg, maar ’n vrou van Westville in Durban moes Saterdagmiddag by haar huis uitvlug toe ’n glibberige swart mamba kom “kuier” het.

Nick Evans van die KwaZulu-Natal Amphibian and Reptile Conservation-organisasie is Saterdagmiddag ontbied toe die vrou wakker word met ’n mamba wat oor die rand van haar bed vir haar loer.

“Ek het eers gedink dit is ’n gewone huisslang, want ek kry gereeld oproepe oor mambas wat dan eintlik huisslange is,” sê Evans.

“Maar toe die vrou sê die slang is drie of vier meter lank, het ek dadelik besef dit is die ware Jakob.”

Evans het sommer besluit om sy oupa, David Gillies (91), ook in te span.

Toe Nick Evans dié slang probeer vang, het dit blitsvinnig probeer om in die moue van sy nuwe huismaat se klere te klim. Foto: Facebook

“Dit was die eerste keer dat hy saamgaan om ’n mamba te vang en hy was heel in sy noppies.”

Die eienaar van die huis, wat buite haar voordeur gewag het, was minder opgewonde.

“Sy het vertel dat sy wakker geword het met die slang reg langs haar bed. Dit het probeer wegseil om weg te kruip, en sy het haar duvet gebruik as ’n skild om verby hom te kom – wat eintlik baie slim was, want die mamba sou haar nie sommer deur die beddegoed kon bykom nie.”

Toe Evans aankom het die mamba reeds ’n wegkruipplek gevind.

“Daar was baie moontlike plekke, maar toe ek sien die kasdeur is oop, het ek sommer geweet dit is waar hy homself tuisgemaak het. Ek het die deur oopgemaak en ’n deel van sy lyf op ’n boks gesien, maar toe ek nader beweeg het ek skielik sy kop sien uitsteek, naby genoeg om my te pik! Ek het stadig terugbeweeg en was baie dankbaar toe dié gevaar verby is.”

Evans sê hy het eers die slang dopgehou terwyl dit in die moue van sy “nuwe huismaat” se klere probeer klim het. “Ná ’n ruk het ek agtergekom die slang raak onrustig omdat ek in sy pad staan, so toe moes ek dit – baie versigtig – vang.”

Hoewel hy ’n paar keer elke maand moet help om mambas te vang, het Evans inwoners in Westville verseker dat hulle nie in vrees hoef te leef nie.

“Dit is buitengewoon om hulle in ’n huis te sien. Onthou net: Anders as misdadigers, is mambas bang vir jou en sal hulle eerder alleen gelaat wil word.”

Nick Evans en sy oupa, David Gillies, nadat Nick die slang uiteindelik gevang het. Foto: Facebook

Meer oor:  Durban  |  Kom  |  Doen
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.