Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Man (20) wat in see by Mosselbaai verdwyn, steeds gesoek

Die soektog duur voort na ’n 20-jarige man wat Sondag in die see by Diazstrand in Mosselbaai verdwyn het.

Mense het Sondag gesien hoe Amkelo Mzi van Kwanonqaba onder die water verdwyn.

“Die soektog is vanoggend vroeg hervat deur lede van die Da Gamaskop-polisie en die Mosselbaai-seegrenseenheid, op see en land,” het kapt. Malcolm Pojie, polisiewoordvoerder, gesê.

“Vrywillige lugsteun is ook verleen, maar Mzi word steeds vermis.”

Volgens Pojie sal die soektog Dinsdag hervat word omdat slegte weer die soekgeselskap se pogings Maandag belemmer het.

“Naburige polisiestasies wat langs die kuslyn geleë is, is ook versoek om op die uitkyk te wees, asook vissersbote in die omgewing,” sê Pojie.

Die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) het in ’n verklaring gesê sy lede is Sondag omstreeks 14:00 van ’n moontlike verdrinking by Diazstrand in kennis gestel terwyl hulle met opleiding besig was. Hulle het bote na die toneel uitgestuur, maar Mzi kon nie gevind word nie.

Meer oor:  Mosselbaai  |  Gesoek  |  See  |  Verdwyn
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.