Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Man (29) beseer toe hy van muur val in Kaapstad
Paramedici haal ’n draagbaar uit ’n ambulans. Foto ter illustrasie.Foto: Verskaf

’n Man (29) in Kaapstad is Maandag ernstig beseer toe hy van ’n muur van sowat 10 m hoog af geval het in Bali Bay, Kaapstad.

Die nooddienste het die man kort ná 12:00 gevind waar hy naby die muur gelê het, het ER24 die middag bevestig.

Die man se been is ernstig beseer en hy is met ’n stel toue opgehys na die pad toe om behandel te word.

Hy is later na die New Somerset-hospitaal geneem.

Russel Meiring, ER24-woordvoerder, het in ’n verklaring gesê die omstandighede van die voorval is nie bekend nie.

ER24 kon Maandagaand nie meer besonderhede verskaf oor wat met die man gebeur het en by watter gebou hy afgeval het nie.

Meer oor:  Kaapstad  |  Muur  |  Beseer  |  Val
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.