Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Man (72) vuur skoot in sentrum af oor swak diens

’n Bejaarde man (72) in ’n rolstoel het Maandagoggend ’n skoot in die Old Mutual-tak in die Goldfields Mall in Welkom in die Vrystaat afgevuur omdat hy glo ontevrede met hul dienslewering is.

Kapt. Stephen Thakeng, polisiewoordvoerder, sê die skoot wat die man geskiet het, was met ’n loskruitpatroon.

Die polisie is omstreeks 09:00 na die sentrum ontbied nadat die man die skoot afgevuur het.

Thakeng sê werknemers van Old Mutual en besoekers aan die sentrum was baie geskok ná die voorval.

Volgens omstanders was die man se vrou saam met hom by die Old Mutual-tak toe die voorval plaasgevind het. Die egpaar het glo aan mense gesê hulle sukkel al ’n geruime tyd dat Old Mutual geld aan hulle uitbetaal.

Thakeng sê die man se gelisensieerde vuurwapen met onontplofte ammunisie is gekonfiskeer en hy is in hegtenis geneem.

Hy het aan die polisie gesê hy wil die aandag vestig op die swak dienslewering wat hy by Old Mutual kry.

Thakeng sê hy sal aangekla word van die onwettige afvuur van ’n wapen in ’n munisipale gebied asook die rig van ’n vuurwapen.

Die man woon glo in Hennenman, so 30 km buite Welkom, en sal Dinsdag in die landdroshof in Welkom verskyn.

Meer oor:  Welkom  |  Old Mutual  |  Skool
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.