Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Man adverteer vir metgesel vir ete op verjaardag

Met eensaamheid wat ál erger word en sy 61ste verjaardag om die draai, het Arthur K van Kimberley “drastiese stappe” gedoen om nie volgende Saterdagaand alleen in die Spur te sit nie.

Arthur K skryf ook cowboy-stories met McGyver as die hoofkarakter en Agnetha as die heldin. Foto: Charné Kemp

Sy advertensie waarin hy na ’n metgesel vir die verjaardagete soek, verskyn volgende Woensdag in Noordkaap, ’n plaaslike koerant.

Arthur K, ’n skuilnaam, “want ek soek nie simpatie nie”, sien homself raak in Abba se liedjietitels, sy “gunstelingsanggroep” van alle tye.

“One Man, One Woman”, “Love Isn’t Easy (But It Sure Is Hard Enough)” en “I Have a Dream”.

“Maar ek het twee,” sê Arthur.

Wat is sy twee drome?

“Om weer in ’n verhouding te wees en om na Swede te gaan. Ek wil die Abba-museum besoek en my queen, Agnetha Fältskog (’n lid van Abba) ontmoet.

“As ek ’n nuwe vriendin het, kan sy selfs saamkom.” Hy oorweeg dit om sy huis te verkoop om die reis aan te pak.

“My dogter sal my help om vooraf bietjie Sweeds te leer, sodat ek kan saamgesels.

Hy brei uit oor sy Spur-planne.

“Ek sal haar (die metgesel) gaan haal, lekker eet en gesels en haar terugneem huis toe. Dis al.”

Hy was ná sy egskeiding ná ’n huwelik van ’n jaar vir die grootste deel van sy lewe alleen.

Arthur K sê sy ouers het hom eerlik grootgemaak.

Arthur K kyk na musiekvideo’s van Abba, sy gunstelingmusiekgroep. Foto: Charné Kemp

“Ek ly aan bipolêre versteuring en steek dit nie weg nie. Vroue wil seker weet waar hulle met my staan. Dit is verstommend hoeveel mense verdwyn wanneer ek dit noem. Ek is net anders, nie gek nie.”

Hy bly in sy ouers se huis wat hy as enigste kind geërf het. Sy ouers is al langer as 13 jaar dood.

“My musiekversameling en rekenaarspeletjies, wat baie strategie behels, hou my besig. Die tuin ook.

“Maar die eensaamheid sal my vernietig.”

Arthur K kuier een of twee keer in ’n jaar vir sy tannie in Aberdeen, want “sy het geen kind of kraai nie”. Hulle gesels ook elke Sondagnamiddag op die telefoon.

Hy het 25 jaar lank by die Spoorweg gewerk, maar is uit diens gestel.

“Toe koop ek my oupa-hulle se plaas op Ladismith in die Klein-Karoo, maar na 12 jaar het ek dit net so aan ander familielede gegee. Ek kon nie meer nie.”

’n Skildery van die plaas met die Outeniekwaberge in die agtergrond hang teen die sitkamermuur.

“Nadat bipolêre versteuring by my gediagnoseer is, leef ek baie gesond, al is dit op ’n ongeskiktheidstoelae.

“Ek is ’n toegewyde en lojale mens. ’n Man wat nog deure vir vroue oopmaak. Ek is nie een van daai mans wat van blom na blom trek nie.”

Meer oor:  Kimberley  |  Advertensie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.