Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Man bel vrou, kort daarna is hy in ongeluk dood

“Hy het my nog vanoggend om 05:30 gebel. Hy bel my elke oggend wakker. Kort daarna het die ongeluk gebeur,” sê Petrie Steyn, wie se man, Johan, Vrydagoggend in ’n motorongeluk op die N7 dood is.

Johan Steyn (50) en sy vrou, Petrie. Foto: Facebook
Johan Steyn (50) is Vrydagoggend dood in ’n ongeluk op die N7 by Malmesbury. Foto: Verskaf deur Petrie Steyn

Johan Steyn (50) van Moorreesburg is net ná 06:00 dood op die N7 naby die gholfbaan aan die buitewyke van Malmesbury.

Steyn se bakkie het die agterkant van ’n vragmotor getref, sê Kenny Africa, Wes-Kaapse verkeershoof.

Hy was alleen in die bakkie en op pad werk toe. Hy het as toesighouer by Unitrans in Malmesbury gewerk.

“Hy was ’n wonderlike mens en hy was my alles.

"Ek weet nie hoe ek sonder hom gaan klaarkom nie. Dit is ’n geweldige skok,” sê Petrie.

Sy het haar na die ongelukstoneel gehaas nadat die polisie haar daarvan in kennis gestel het.

“Ek kan nie glo dat dit gebeur het nie. Dit is net verskriklik,” sê Petrie.

“Hy was reeds toegegooi, maar ek het na sy gesig gekyk. Ek het ook na die bakkie gekyk. ’n Mens sal verwag dat hy vermink sou wees as ’n mens na die toestand van die bakkie kyk, maar hy het baie mooi gelyk. Die Here het sy gesig mooi gehou.”

Hul twee seuns, Pienaar (31) en André (27), was Vrydag van die Oos-Kaap af op pad na Moorreesburg nadat hulle van die ongeluk in kennis gestel is.

Vriende en kennisse van Steyn het Vrydag kort ná die ongeluk hul simpatie en meegevoel op Facebook uitgespreek.

Die ongelukstoneel op die N7 by Malmesbury waar Johan Steyn Vrydag dood is. Foto: Verskaf deur Kenny Africa

Meer oor:  Moorreesburg  |  Ongeluk  |  Padsterfte
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.