Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Man beseer toe motor hom omry

’n Man (70) is Saterdagaand laat beseer toe hy deur ’n ligte motorvoertuig in Voortrekkerstraat in Stikland, Kaapstad raakgery is.

Luidens ’n verklaring van ER24 wat saam met die metro- en brandweerdiens na die toneel is, het hulle die man in die middel van die pad aangetref. Die voertuig wat die man raakgery het, het ’n ent verder gestaan.

Die man is ondersoek en paramedici het vasgestel dat sy been ernstig beseer is.

Die man is gestabiliseer en na die Karl Bremer-hospitaal geneem. Die bestuurder van die motor was ongedeerd.

Die ongeluk word ondersoek.

Meer oor:  Beseer  |  Raakgery
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.