Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Man brand dood in plakkershut

’n Man is dood toe ’n brand Maandagoggend in ’n plakkershut in Uitbreiding 2 in Nyanga buite Kaapstad uitgebreek het.

Jermaine Carelse, Kaapstad se brand- en reddingswoordvoerder, sê die brand het vroegoggend uitgebreek en een informele struktuur in puin gelê.

“Toe brandweerdienste op die toneel aangekom het, het hulle een informele struktuur aan die brand gevind. Brandweermanne het die lyk van ’n volwasse man met brandwonde ontdek,” sê Carelse.

Carelse sê verder brandweer-paramedici het die man dood verklaar en die toneel is aan die polisie oorhandig.

Meer oor:  Nyanga  |  Doodgebrand  |  Plakkershut  |  Brand
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.