Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Man dood in botsing in Bloem

’n 25-jarige man is Vrydag dood en twee beseer in Bloemfontein toe twee bakkies trompop gebots het.

Volgens die ER24-nooddiens was die botsing in Rudolf Greylingstraat in Oos-Einde, Bloemfontein.

Twee mans, een 42 en die ander in sy vyftigs, is ernstig beseer.

Luidens ’n verklaring van ER24 was sy paramedici en ander nooddienste om 20:05 op die ongelukstoneel waar die drie mans in die voertuie vasgekeer was.

Die bestuurder van ’n wit enkelkajuitbakkie is met noodlottige beserings gevind en op die toneel dood verklaar.

’n 25-jarige man is Vrydagaand dood in ’n botsing in Rudolf Greylingstraat in Oos-Einde, Bloemfontein.

Die brandweerdiens het sy 42-jarige passasier met reddingskake uit die bakkie gesny. Hy het dadelik mediese behandeling ontvang.

Die bestuurder van die tweede bakkie, ’n swart dubbel-kajuit, is ook uitgesny en het ook mediese behandeling ontvang.

Albei is na ’n nabygeleë private hospitaal geneem.

Die polisie is ontbied.

Die oorledene se identiteit is nog nie bekend gemaak nie.

Meer oor:  Bloemfontein  |  Padongelukke  |  Botsing
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.