Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Man dood in ongeluk by Sasolburg

’n Man is Woensdagmiddag dood en nog een beseer toe die motor waarin hulle gery het van die pad geloop en teen ’n boom by die R59-afdraai van die R57 by Sasolburg, in die Vrystaat, gebots het.

Inneke van Huyssteen, ER24-woordvoerder, sê toe ER24-paramedici net ná 16:30 op die toneel kom, het die bestuurder langs die motor gelê. Hy het ernstige beserings gehad.

Die paramedici het die passasier op die toneel dood verklaar.

ER24 het die pasiënt na die Mediclinic Emfuleni geneem vir verdere mediese sorg.

Die presiese omstandighede van die ongeluk is nie bekend nie.

Meer oor:  Sasolburg  |  Ongeluk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.