Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Man dood in ongeluk naby Klapmuts

’n Manlike bestuurder is Dinsdag dood in ’n ongeluk op die N1 uitgaande na Klapmuts in die Wes-Kaap.

Die Opel Astra ná die ongeluk.
Die Mazda lê op sy dak ná die botsing.

Die ongeluk het om 20:30 gebeur toe ’n Mazda-sportnutsvoertuig en ’n Opel Astra reg van voor teen mekaar gebots het.

Twee mense in die Opel is lig beseer, terwyl die bestuurder van die Mazda op slag dood is.

Volgens Kenny Africa, woordvoerder van die Wes-Kaapse verkeersdiens, het die Mazda in die rigting van Kaapstad gery, beheer verloor en oor die middelman reg voor die Opel ingery.

Die Opel was in die Paarl se rigting onderweg.

Die brandweer en nooddienste was op die toneel en die N1 is gesluit in die rigting van die Paarl. Dit is later dieselfde aand heropen.

Die nooddienste op die toneel ná die ongeluk.
Meer oor:  Klapmuts  |  Sterfgeval  |  Ongeluk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.