Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Man dood ná girokopter se lemme hom tref

Wat veronderstel was om ’n afskeidsgeleentheid vir ’n geliefde te wees het Sondagmiddag ’n traumatiese nadraai gehad toe ’n girokopter in die Vaal Marina by Vereeniging neergestort en ’n bejaarde man se dood veroorsaak het.

Hannes Steyn, die brandweerhoof van die Midvaal-munisipaliteit, sê ’n familie was besig om die as van ’n oorlede familielid in die dam by ’n vakansieoord langs die Vaaldam te strooi toe die girokopter neergestort het.

Volgens Werner Vermaak, woordvoerder van die nooddiens ER24, is paramedici omstreeks 12:00 na die toneel ontbied.

“Ongelukkig kon daar niks vir die bejaarde man gedoen word nie en hy is op die toneel dood verklaar.”

Die man was vermoedelik in sy 70’s.

Volgens Vermaak was die vlieënier en passasier in die girokopter deel van die oorledene se familie.

“Volgens omstanders het familielede glo die as vanuit die girokopter gestrooi toe dit na bewering ’n noodlanding op die oewer gemaak het. Die oorledene is glo tydens die noodlanding deur die girokopter se lemme getref.”

Kabelo Ledwaba, woordvoerder van die Burgerlugvaartowerheid (BLO), het die voorval bevestig.

“Die vlieënier en ’n passasier het beserings opgedoen. Ons beamptes is op die toneel en ondersoek die oorsaak van die ongeluk,” sê Ledwaba.

Meer oor:  Girokopter
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.