Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Man dood ná hy 122 dae in waakeenheid oorleef
Van links is Hannah (21), Claire (53) en Winston (54) Cogill.

’n Man wat voorheen gehuldig is as die Covid-19-pasiënt wat die langste in die waakeenheid van die Groote Schuur-hospitaal in Kaapstad deurgebring en dit oorleef het, is die naweek dood.

LEES OOK: Covid-19: Man tuis ná 122 dae in waakeenheid

Winston Cogill (54) was 122 dae in die waakeenheid en is op 11 Maart uit die hospitaal ontslaan, waarna sy vrou, Claire (53), tuis in Dieprivier, Kaapstad, na hom omgesien het.

Claire sê gordelroos is sowat twee weke gelede by Winston gediagnoseer.

“Dit het regtig gelyk asof dit goed begin gaan met hom. Hy het al hierdie mylpale begin bereik in sy herstel en dit het my baie hoop gegee.”

Toe Cogill ontslaan is, was hy in ’n rolstoel en van suurstof afhanklik.

Onlangs het hy egter op sy eie met ’n loopraam begin stap en verlede week het hy vanself uit die bed opgestaan.

“Vrydag kon ek sien die gordelroos begin hom erg pla. Dit het begin versprei en oornag was hy in baie pyn. Ons het hom Saterdagoggend Groote Schuur toe geneem.”

Sy sê hy het tien teen een gordelroos opgedoen omdat sy immuunstelsel baie swak was ná sy lang stryd teen Covid-19.

Winston Cogill is Saterdagaand in die Groote Schuur-hospitaal in Kaapstad dood.

“Toe ons hom Saterdag inneem hospitaal toe, het ek nie gedink hy gaan nie weer huis toe kom nie. Ons was al klaar deur so baie.

“Ek het gedog hy gaan net ’n week daar wees en dan ontslaan word. Ek het regtig gedog ná Covid-19 was die ergste verby.”

Hannah Cogill (21), Claire en Winston se enigste kind, sê sy gaan haar pa mis.

“Dit voel eintlik snaaks om van hom te praat in die verlede tyd. Hy het altyd die flouste grappies gemaak, maar dan lag ’n mens daarvoor.”

Hannah sê sy gaan veral die geselsies met haar pa mis.

Claire sê sy sal nooit haar man se gasvryheid vergeet nie.

“Hy het mense sommer oorgenooi en dan het ek nie eens daarvan geweet nie. Hy was altyd gereed om ander by te staan en hy het ’n groot liefde vir God gehad.”

Prof. Richard van Zyl-Smith, een van die dokters wat Winston in die waakeenheid behandel het, sê hulle was verpletter deur die nuus van sy heengaan.

“Sy deursettingsvermoë en sy dapper houding het ons almal geïnspireer. Ons betuig ons medelye met sy vrou en familie.”

Meer oor:  Koronavirus  |  Covid-1  |  Winston Cogill  |  Covid-Sterftes
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.