Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Man dood toe Shosholoza Meyl en goederetrein bots

Minstens een persoon is dood en een kritiek beseer nadat die Shosholoza Meyl-passasierstrein en ’n goederetrein Woensdagaand omstreeks 21:00 by Horizon View in Roodepoort gebots het.

Metrorail sê geen treine loop Donderdag tussen Randfontein en Roodepoort nie en die lyn gaan eers weer Saterdag operasioneel wees. Daar is wel treine tussen Roodepoort en Johannesburg.

Russel Meiring, ER24-woordvoerder, sê ’n man is op slag dood en talle ander mense is beseer toe ’n goederetrein teen ’n passasierstrein op die spoor naby Bonny Dooneweg in Horizon View gebots het. Die ongeluk het omstreeks 20:30 gebeur en verskeie waens het volgens Meiring ontspoor.

“ ’n Man en ’n bejaarde vrou was in een van die waens van die passasierstrein vasgekeer. Die man was reeds dood en die vrou kritiek beseer.”

Die vrou is per helikopter na ’n hospitaal geneem nadat dit etlike uur geneem het om haar uit die wa te bevry.

Meiring raam sowat 30 mense is deur verskeie nooddienste se paramedici op die toneel behandel en drie beseerdes is hospitaal toe geneem.

Die oorsaak van die ongeluk is nog onbekend, maar owerhede was op die toneel om ondersoek in te stel.

* Die Shosholoza Meyl is om kommentaar genader. Dit sal bygewerk word sodra dit ontvang is.

’n Passasierstrein en ’n goederetrein het Woensdagaand in Roodepoort gebots. Foto: Netcare911
’n Man is dood en ’n vrou is kritiek beseer in ’n treinbotsing in Roodepoort. Foto: Netcare911 en ER24

Meer oor:  Treinongeluk  |  Shosholoza Meyl
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.