Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Man dood, vrou kritiek ná vragmotor fietsryers tref

’n Fietsryer van Bloemfontein is dood en sy vriendin in ’n kritieke toestand nadat ’n vragmotor Saterdagoggend naby Makro in hulle vasgery het.

Vicus Pienaar, ’n paneelklopper by OFS Canvas, is op die toneel dood verklaar en Tiffany de Kock, wat by die gesondheidsdepartement werk, is kritiek.

Die paartjie het ’n twee maande oue babaseuntjie, Aiden, wat glo by sy ouma was ten tyde van die ongeluk. De Kock het volgens vriende 10 jaar gesukkel om swanger te word en met die inperking het sy uiteindelik swanger geword.

’n Ooggetuie wat anoniem wil bly sê omstreeks 07:30 Saterdagoggend het hulle vanaf hul huis ’n harde slag gehoor. Sy het gaan kyk en die bestuurder in die vragmotor by die Brendaweg-afdraai op die Kimberley-pad aangetref waar hy op sy selfoon gepraat het. Daar het toe reeds ’n motor gestaan met ’n vrou wat die ambulans gebel het.

“Die vrou het gevra of ek komberse het, want twee mense is beseer.”

Op die foto kan gesien word hoe die vragmotor, wat aan die vervoermaatskappy Honey Lotus behoort, ’n duik het waar Pienaar se kop dit getref het. Die polisie het nog nie die voorval bevestig nie.

Sumarie Schoeman, ’n medefietsryer, sê die padgebruikers gee nie om oor fietsryers nie.

“Ek sou daardie pad vanoggend ry, maar iets het voorgeval. Toe ek hoor van die ongeluk, het ek yskoud geword.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.