Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Man doodgeskiet in oproer by Hekpoort

’n 45-jarige man is Maandag deur ’n lid van ’n gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) doodgeskiet in ’n gewelddadige protesoptrede in Hekpoort naby Hartbeespoort in Gauteng.

Volgens konst. Lucky Matome, polisiewoordvoerder, het polisiebeamptes saam met lede van die GPF Maandag omstreeks 19:00 by ’n protesoptrede vir beter dienslewering in Hekpoort aangekom waar betogers hulle met klippe en bottels bestook het.

“Skote is afgevuur en een van die betogers, ’n 45-jarige man, is geskiet. Die man is op die toneel dood en ’n saak van moord word deur die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat (Opod) teen ’n lid van die GPF ondersoek,” het Matome gesê. Volgens Matome is vier mans en ’n vrou, almal tussen 25 en 39 jaar, oud in hegtenis geneem.

“Die verdagtes sal eersdaags op aanklagte van openbare geweld in die landdroshof in Krugersdorp verskyn.”

Konst. Gloria Maswanganye van die polisie aan die Wes-Rand het die voorval bevestig. “Die geweld het nie uitgekring nie en die situasie is onder beheer. Die polisie sal voortgaan om die gebied te monitor om te verhoed dat die geweld weer opvlam.”

Meer oor:  Opod  |  Doodgeskiet
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.