Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Man doodgeslaan deur weerlig by Sasol-aanleg

’n Werknemer van Sasol is Maandagoggend buite die aanleg in Secunda, Mpumalanga, deur weerlig doodgeslaan.

Alex Anderson, hoof van kommunikasie by Sasol, sê die man het vir ’n diensverskaffer gewerk wat ’n kontrak met Sasol het.

Hy was sowat 300 m van die ingang van die Secunda-aanleg toe die weerlig hom tref. Anderson sê die weerlig het nog twee mense naby die man getref.

Die nooddienste en polisie is dadelik ontbied.

Weerlig het op 29 Januarie ook vier plaaswerkers op ’n plaas naby Upington in die Noord-Kaap doodgeslaan.

Die ander twee mans het ligte beserings opgedoen en word in ’n plaaslike hospitaal behandel.

Anderson het die voorval betreur en simpatie met die oorledene se familie betuig.

Brig. Leonard Hlathi, polisiewoordvoerder in Mpumalanga, kon teen Maandagmiddag nie die voorval bevestig nie.

’n Werknemer van 702 Talk Radio is in November in Limpopo deur weerlig doodgeslaan toe hy onder ’n boom in Mankweng buite Polokwane gesit het. Meer onlangs is ’n man buite Marble Hall op 26 Januarie deur weerlig doodgeslaan toe hy ’n luidspreker, wat buite sy huis was, in ’n erge donderstorm in die huis wou indra. Dieselfde dag is ’n jong roei-afrigter aan die oewer van die Victoria-meer in Germiston, Gauteng, doodgeslaan waar hy aan die jaarlikse VLC-regatta deelgeneem het.

Weerlig het op 29 Januarie ook vier plaaswerkers op ’n plaas naby Upington in die Noord-Kaap doodgeslaan.

Meer oor:  Sasol  |  Secunda  |  Mpumalanga  |  Weerlig
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.