SPESIALE AANBOD: Betaal slegs R25 vir die eerste maand. Spring gou!
Algemeen
Man durf Tafelberg aan vir 365 dae in 2018

’n Man van Kaapstad het elke dag in 2018 tot bo op Tafelberg geklim.

Andrew Patterson (39) van Seepunt het stormsterkwinde, reënweer en hitte getrotseer om elke dag vir 365 dae teen Platteklip-ravyn uit te klim.

Die hoofdoel van die jaar lange klimmery was om geld vir drie organisasies sonder winsbejag – Habitat for Humanity, One Heart for Kids en die Sonneblomfonds – in te samel.

Andrew Patterson (39), wat elke dag van 2018 tot bo op Tafelberg geklim het.

“Ek wou ’n manier kry om terug te gee aan die gemeenskap, wat my ook fisiek en emosioneel sou uitdaag. Die idee om elke dag die ravyn uit te klim, was die volmaakte plan,” sê Patterson.

Op Oujaarsaand het hy die laaste tree van sy uiteindelike 2 429 km-avontuur gegee, wat 262 km se vertikale klim ingesluit het. Volgens ’n mediaverklaring van die webtuiste BackaBuddy is dit gelykstaande daaraan om 71 keer tot bo op die berg Everest te klim.

Patterson het altesaam 964 uur geklim.

“Ek is trots daarop om te sê dat nie een van die 738 mense wat gedurende die jaar saam met my geklim het op die staptogte seergekry het nie en dat byna almal wat dit aangepak het, dit voltooi het,” sê Patterson.

As iemand saam met Patterson wou stap, kon hulle so min as R1 op die webtuiste bydra. Die geld is dan aan liefdadigheid geskenk.

Andrew Patterson (39) bo-op Tafelberg.

“Die bedrag is so min omdat ek wou hê mense moet besef dit gaan nie oor hoeveel jy gee nie.”

“Ek het die Platteklip-ravyn gekies omdat dit die toeganklikste roete is en ook nie te uitdagend nie. Mense van enige ouderdom en fiksheidsvlak behoort dit te kan baasraak.”

Al het baie mense Patterson vergesel op van die dae wat hy geklim het, het hy vir 175 dae van sy avontuur alleen gestap.

“Ek het nooit mense saamgeneem as dit gereën het nie. Ek is uitgerus met waterdigte skoene, broeke en baadjies en het nie sommer iemand toegelaat om saam te kom op ’n reëndag sonder dié toerusting nie.”

Onder die 738 mense wat die tog saam met Patterson aangedurf het, was ’n man op krukke.

“Ons kon nie baie ver kom nie, maar ek was baie trots op hom dat hy dit hoegenaamd aangepak het nadat hy sy nek gebreek het.”

“Ek het die prag van die natuur raakgesien terwyl ek gestap het,” sê Patterson.

“Enigiets van proteas wat oopgaan en klein blommetjies op die trappe tot strome water wat vloei en diertjies wat op die berg woon. Dit het regtig my oë oopgemaak vir hoe mooi die natuur kan wees.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.